Elizabeth Botha - 26 Mei is Vervolgingsondag
--:--
Elizabeth Botha is mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika. Hierdie organisasie ondersteun en help meer as 365 miljoen Christene in meer as 70 lande regoor die wêreld wat weens hul geloof vervolg word. Elizabeth deel met Almarie oor Vervolgingsondag, waaroor dit gaan en waarom dit so belangrik is dat ons bewus moet wees van die vervolging van Christene in ander wêrelddele.