Babastortings of aborsie - dis gekompliseerd

--:--
Die gereelde babastortings in die land bly in die nuus. Die vraag wat gevra word is wat die oplossing is hiervoor. Party mense sê toegang tot aborsie sal help, terwyl ander sê die antwoord lê in beter opvoeding vir tieners en vroue. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, wat sê die gesprek oor aborsie is baie gekompliseerd.
9 May 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Verkiesing: Registreer met die dokumente

Die kiesersregistrasie vir die verkiesing in November gaan op 2 Junie begin. Kiesers word daaraan herinner dat ou registrasiekaarte nie meer geldig is nie. Almal moet van nuuts af registreer. Die registrasie eindig op 1 Augustus en kiesers word aangemoedig om nie tot die laaste dag te wag nie. Wat…
20 May 7AM 1 min

Cyril toon medelye met Raisi se afsterwe

President Cyril Ramaphosa het sy hartseer uitgespreek oor die dood van die president van Iran, Ebrahim Raisi, die minister van Buitelandse Sake, Hossein Amir-Abdollahian, en nog sewe mense. Hulle het in digte mis in 'n helikopter-ongeluk gesterf in die noorde van die land. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die…
20 May 6AM 1 min

Komende somer kan dalk uiters positief wees vir reën

El Niño-toestande het reeds verswak met La Niña wat teen September gevestig sal wees. Volgens die Enso-voorspellings is daar ‘n 69 persent waarskynlikheid dat La Niña tussen Julie en September sal pos vat. Volgens die weermodelle sal die La Niña sy houvas oor weerstoestande dwarsdeur die Suidelike Halfrond se somer…
20 May 6AM 1 min

Savanna se aanleg vorder goed, op dreef vir Junie '25 sperdatum

Konstruksie van Savanna Beef Processors se abattoir vorder flink. Die aanleg is 25 kilometer Suid van Okahandja by die Teufelsbach-afrit aan die oostekant van die A1-snelweg geleë. Die voorkeurtender is deur die Nexus Group en Emcom Consulting Engineers ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het die jongste by die voorsitter van die…
20 May 6AM 1 min

Desentralisasie: Swapo-regering het 'n strukturele probleem

Reaksie word ontvang op visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah se aanmerkings dat migrasie van landelike na stedelike gebiede as een van Namibië se grootste uitdagings is. Daar word reeds jare lank ‘n beroep op die Swapo-regering gedoen om te desentraliseer en aansporings aan te bied vir maatskappye om in die gebiede bedrywighede…
20 May 6AM 1 min