Namibiese Brouerye borg rugby-unie met N$3 miljoen

--:--
Die Namibiese Brouerye het die Namibiese Rugby-unie met 3 miljoen Namibiese dollar geborg. Dit is daarop gerig om Namibiese rugbyspelers in plaaslike klub- en streektoernooie te ondersteun, om hulself voor te berei om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Die Brouerye is gretig om die nasionale rugbyspan te ondersteun onder die handelsnaam Windhoek Draft Welwitschias, om hul talente tuis en by internasionale sportbyeenkomste ten toon te stel. Kosmos 94.1 Sportnuus het met die brouerye se korporatiewe sakebestuurder, Surihe Gaomas-Guchu, gepraat.
2 May 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

China en Namibië het hegte verhouding

Die Suid-Afrikaanse kenner van internasionale betrekkinge Brooks Spector sê Namibië en China het deurlopend 'n positiewe verhouding behou. Spector sê China is Namibië se grootste bron van buitelandse belegging en tweede-grootste handelsvennoot, veral met die uitvoer en invoer van ru-materiaal. Hy berig oor die jare het ekonomiese en politieke vennootskap…
17 May 5AM 1 min

AfriForum se raad onderneem om hof te nader oor gesondheidsversekering

AfriForum se raad van direkteure het onderneem om die Nasionale Gesondheidsversekeringwet met 'n regstryd te beveg totdat alle middele uitgeput is. Die organisasie beplan om 'n saak aanhangig te maak en dit meedoënloos na te volg met die gesondheidsvryheid van Suid-Afrikaners as 'n beginselsaak. Die veldtogbeampte van AfriForum Louis Boshoff…
17 May 5AM 1 min

Hof sê nee vir appèlsaak teen beurtkrag beslissing

ActionSA het die volle bank van die Hooggeregshof in Pretoria se besluit verwelkom om die regering se aansoek om verlof tot appèl teen die beurtkrag-uitspraak te verwerp. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het verlede jaar beslis dis ongrondwetlik om krag na belangrike openbare instellings soos skole en hospitale af te sny. Die…
17 May 4AM 1 min

Voedsel in Zim sal, te midde van tekorte, baie duurder word

Die ergste droogte in Zimbabwe in 40 jaar gelei het tot wydverspreide misoeste en meer as die helfte van die bevolking sal vanjaar voedselhulp nodig hê. Sowat 6 miljoen mense in landelike gebiede en 1,7 miljoen in stedelike gebiede sal bystand benodig, volgens die Zimbabwe Livelihoods Assessment Committee. Humanitêre organisasies…
17 May 4AM 1 min

Groen-waterstofberaad was groot sukses

Die belangrikste geleentheid op die globale waterstofbedryf se kalender, World Hydrogen 2024 Summit and Exhibition, het in Rotterdam, Nederland, plaasgevind. Namibië het dit ook bygewoon en die plaaslike afvaardiging is gelei deur president Nangolo Mbumba. Kosmos 94.1 Nuus het met Phill Balhao, die burgemeester van Lüderitz, gesels wat ook daar…
17 May 3AM 1 min