Werkers moet vir spesiale stemme registreer: Nedlac

--:--
Die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad moedig alle werkers aan wat op verkiesingsdag gaan werk om môre, voor die sluitingsdatum vir spesiale stemme, te registreer. Die raad doen ook 'n beroep op alle werkgewers om hul werknemers te ondersteun en toe te laat om in die komende algemene verkiesing te stem. Matthew Parks van Cosatu sê alle werkgewers moet verkiesingsdag as 'n betaalde openbare vakansiedag beskou en, indien moontlik, werkers die dag af gee.
2 May 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Guterres eis vrylating van Gaza-gyselaars

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ʼn volskaalse aanval op Rafah in Gaza sal katastrofies wees omdat niks die gesamentlike straf van Palestyne regverdig nie. Sowat 600 000 mense, of ʼn kwart van Gaza se bevolking, het die afgelope week uit Rafah gevlug. Dit volg te midde van…
17 May 2AM 1 min

Dis Swiatek teen Sabalenka in Italië

Die wêreld-nommer-een Iga Swiatek kom in die Italiaanse Ope se eindstryd teen nommer twee, Aryna Sabalenka, te staan. Die 22-jarige Pool het die Amerikaner Coco Gauff met 6-4 en 6-3 verslaan, terwyl die Belarus ʼn ander Amerikaner, Danielle Collins, met 7-5 en 6-2 geklop het. In die mansafdeling het die…
17 May 1AM 1 min

Israel skend internasionale reg

Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof in Den Haag versoek om Israel te beveel om onmiddellik sy militêre magte in Rafah te onttrek en sy offensief te staak as deel van bykomende voorlopige noodmaatreëls. Israel se prokureurs sal na verwagting vanoggend reageer. In haar vertoë voer die Suid-Afrikaanse advokaat, Adila Hassim,…
17 May 1AM 1 min

Droogte en mens-dier konflik... so lyk sake

Die drie leeus wat in die weste van die Kavango-Oos-streek rondloop is vroeg Woensdagaand by Kakurukadi-dorpie in die George Mukoya-bewaar-area gesien, net noord van die Khaudum Nasionale Park. Hulle het reeds 'n kalf en 'n bok by twee verskillende dorpies gevang. Dit is die derde groep leeus in die noordooste…
17 May 1AM 1 min

Dalk goeie nuus vir brandstofprys vir Junie

Petrol- en dieselpryse is tans op koers vir verlagings aan die begin van Junie. Die jongste skatting van die Sentrale Energiefonds in Suid-Afrika toon dat die prys van 95 loodvrye petrol met sowat 62c per liter kan daal, terwyl die groothandelprys van diesel met tussen 74c en 77c kan sak…
17 May 12AM 1 min