Cyril vol vertroue dat ANC meerderheid sal vat

--:--
Die ANC-president Cyril Ramaphosa het weereens sy vertroue uitgespreek dat die party meer as 50-persent van die stemme sal kry in die komende algemene verkiesing. Hy het gister Cosatu se hoof- Meidag-saamtrek in die Wes-Kaap toegespreek. Die jongste opname deur die marknavorsingsfirma Ipsos, wat verlede week uitgereik is, voorspel die regerende party gaan 40,2-persent van die stemme kry. Ramaphosa sê die ANC het oor die afgelope 30 jaar bewys hy gee om vir die mense van hierdie land:
2 May 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Magdom sake teen Brockerhoff, word nou saamgevoeg

Die vermeende reeks-stroper Derick Brockerhoff en sy makker Markus Rooinasie sal weer op 30 Julie in die hof verskyn wanneer die twee na verwagting ‘n formele borgaansoek sal bring. Die saak is vanoggend deur landdros Monica Andjaba uitgestel omdat die twee steeds nie regsverteenwoordiging na hulle arres op 11 April…
17 May 6AM 1 min

Verkragting: Omusati-polisie soek nog een oom

Die saak teen een van die ooms wat sy 14-jarige susterskind verkrag het, is uitgestel tot 2 Augustus. Die 46-jarige Angolese burger is ook borg geweier en bly agter tralies. Die saak spruit uit ‘n voorval die week in die Omusati-streek waar hy en sy broer blykbaar die kind in…
17 May 6AM 1 min

China en Namibië het hegte verhouding

Die Suid-Afrikaanse kenner van internasionale betrekkinge Brooks Spector sê Namibië en China het deurlopend 'n positiewe verhouding behou. Spector sê China is Namibië se grootste bron van buitelandse belegging en tweede-grootste handelsvennoot, veral met die uitvoer en invoer van ru-materiaal. Hy berig oor die jare het ekonomiese en politieke vennootskap…
17 May 5AM 1 min

AfriForum se raad onderneem om hof te nader oor gesondheidsversekering

AfriForum se raad van direkteure het onderneem om die Nasionale Gesondheidsversekeringwet met 'n regstryd te beveg totdat alle middele uitgeput is. Die organisasie beplan om 'n saak aanhangig te maak en dit meedoënloos na te volg met die gesondheidsvryheid van Suid-Afrikaners as 'n beginselsaak. Die veldtogbeampte van AfriForum Louis Boshoff…
17 May 5AM 1 min

Hof sê nee vir appèlsaak teen beurtkrag beslissing

ActionSA het die volle bank van die Hooggeregshof in Pretoria se besluit verwelkom om die regering se aansoek om verlof tot appèl teen die beurtkrag-uitspraak te verwerp. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het verlede jaar beslis dis ongrondwetlik om krag na belangrike openbare instellings soos skole en hospitale af te sny. Die…
17 May 4AM 1 min