Napso-sportweek bied meer as 800 wedstryde

--:--
Die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se sportweek vind van 1 tot 4 Mei by die privaatskool Elnatan in Stampriet plaas. Sowat 3 500 jong sportmanne en -vroue van 21 privaatskole in Namibië sal deelneem aan Onder-7 tot Onder-19 rugby, netbal en hokkie, asook in skaak-, tennis- en boogskietkompetisies. Netbal-, rugby- en hokkiespanne sal in meer as 800 wedstryde in aksie wees. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso, het met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die sportweek gesels.
29 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kaap bestee miljoene om sanitasie-spanne te beveilig

Die Stad Kaapstad se direktoraat Water en Sanitasie sê onlangse misdadige optrede beklemtoon die gevare wat die personeel in hoërisiko-gebiede ondervind. Spanne het sedert Julie 22 kapings en 52 rooftogte in Khayelitsha, Philippi en Mfuleni ondervind. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê in die 2023/2024-boekjaar het die…
21 May 7AM 1 min

Waar sal Zanu-PF die geld vir voedselhulp kry?

Vanjaar se verwoestende droogte het in Zimbabwe gelei tot wydverspreide misoeste, wat meer as die helfte van die bevolking dwing om staat te maak op voedselhulp, volgens die Zimbabwe Livelihoods Assessment Committee. Humanitêre organisasies soek egter fondse om bystand te lewer aan sowat 6 miljoen mense in landelike gebiede en…
21 May 7AM 1 min

GBV: LPM plaas klem om faktore wat mans na geweld dryf

Voorvalle van geslagsgeweld duik telkemale in die media op en dit lyk nie asof die gevalle afneem nie. Die vraag ontstaan hoekom gemeenskappe nie optree nie. Met die verkiesings op hande is dit belangrik om politieke partye se standpunte en oplossings vir sulke kwessies te hoor. Kosmos 94.1 Nuus het…
21 May 7AM 1 min

Otji moet 'n verwysingshospitaal kry - goewerneur

Die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo wat ses jaar sou gebeur het en steeds nie begin is nie, al is daar geld begroot, bly in die nuus. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua sê die hospitaal is nie ‘n luuksheid nie.
21 May 6AM 1 min