Hervestiging vorder, maar 'mense het te hoë verwagtinge'

--:--
Volgens die dagblad The Namibian kom die hervestigingsbeleid van die landbou-ministerie onder die loep weens die oënskynlike slakkepas waarteen hervestiging beweeg. Verskeie politieke ontleders het die beleid gekritiseer en sê dat dit op baie vlakke misluk het. Die jongste hervestigingsbeleid is steeds in die parlement nadat dit op raadsvlak goedgekeur is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landbou-ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, wat 'n oorsig gee van wat hulle tot dusver gedoen het asook hul standpunt oor die saak.
29 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Uitdaging in SA vir wintersonstilstand-swem

Die Nasionale Seereddingsinstituut daag alle Suid-Afrikaners uit om die koue te trotseer vir 'n goeie saak deur deel te neem aan 'n wintersonstilstand-swem om noodsaaklike fondse in te samel. Die NSRI se woordvoerder, Andrew Ingram, sê soos die wintersonstilstand nader kom, met die langste nag van die jaar op 20…
21 May 8AM 1 min

NWR, Napwu bereik ooreenkoms oor salarisse, voordele

Namibia Wildlife Resorts en die vakbond vir staatswerkers, Napwu, het die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding aangekondig, wat die salarisstruktuur vir werknemers in die bedingingseenheid sal verbeter. Alle werknemers in posgrade A1 tot D3 wat tans onder die minimum salarisskaal is, sal in lyn gebring word met 'n minimum…
21 May 8AM 1 min

Kaap bestee miljoene om sanitasie-spanne te beveilig

Die Stad Kaapstad se direktoraat Water en Sanitasie sê onlangse misdadige optrede beklemtoon die gevare wat die personeel in hoërisiko-gebiede ondervind. Spanne het sedert Julie 22 kapings en 52 rooftogte in Khayelitsha, Philippi en Mfuleni ondervind. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê in die 2023/2024-boekjaar het die…
21 May 7AM 1 min

Waar sal Zanu-PF die geld vir voedselhulp kry?

Vanjaar se verwoestende droogte het in Zimbabwe gelei tot wydverspreide misoeste, wat meer as die helfte van die bevolking dwing om staat te maak op voedselhulp, volgens die Zimbabwe Livelihoods Assessment Committee. Humanitêre organisasies soek egter fondse om bystand te lewer aan sowat 6 miljoen mense in landelike gebiede en…
21 May 7AM 1 min