Dit gaan 'n taai jaar wees vir huishoudings - ekonoom

--:--
NamPower se kragtarief sal op 1 Julie verhoog word met 8 persent. Die aankondiging volg op die styging in brandstofpryse wat op Donderdag, 2 Mei intree. Petrol word 70 sent 'n liter duurder en beide variante van diesel styg met 40 sent 'n liter. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie aan Unam sê dit is 'n moeilike jaar vir verbruikers.
29 Apr 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namwandi bied kapitaal aan IUM-graduandi aan, mits sakeplan goed is

Die David Namwandi Trust sal kapitaal beskikbaar stel aan gegradueerdes met oortuigende entrepreneur-projekte wat die potensiaal het om te slaag en uit te brei. Dr. David Namwandi, stigter van die Internasionale Universiteit van Bestuur, het hierdie inisiatief tydens die universiteit se 20ste gradeplegtigheid aangekondig, waar sowat 2 302 studente gegradueer…
21 May 5AM 1 min

King is opgewonde om Wes-Indiese-eiland span te lei

Brandon King sê hy is opgewonde om die Wes-Indiese Eilande te lei, veral tuis. Die 29-jarige sal die Karibiese span aanvoer in die komende reeks van drie T20-wedstryde teen Suid-Afrika op Sabinapark in sy vaderland, Jamaika. Die eerste kragmeting vind Donderdag plaas. Die tuisspan se gereelde kaptein, Rovman Powell, speel…
21 May 5AM 1 min

Veediefstal se wreedheid in die soeklig

Gevalle van stropery word elke week in die polisie se misdaadverslag gerapporteer en terwyl dit ‘n reuse-uitdaging vir grondeienaars is, is daar ook kommer oor die erge wreedheid wat toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security gepraat.
21 May 4AM 1 min

ICC-lasbriewe: ANC verwelkom die stap

Suid-Afrika het die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof, Karim Khan, se versoek dat lasbriewe uitgereik word vir Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu, sy minister van Verdediging en drie Hamas-leiers, verwelkom. Die lasbriewe is vir vermeende oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê…
21 May 4AM 1 min