Amushe maak lelike aantygings teen Stadspolisie-hoof

--:--
Nuwe bewerings het na vore gekom in die Okahandja-skietvoorval waarin vyf mans in April verlede jaar hul lewens verloor het in verband met 'n beweerde beplande roof. Die mans is deur lede van die Namibiese Polisie en die Windhoek Stadspolisie doodgeskiet. Die aktivis Michael Amushelelo beweer op sosiale media dat die Stadspolisiehoof, Leevi Shivolo Ileka, direk betrokke was by die beweerde moorde. Volgens Amushelelo het hy ontdek dat 'n broerskind van Ileka een van die betrokke stadspolisiebeamptes was en dat die voertuig waarin die verdagtes geskiet is, meer as 'n maand voor die voorval deur Ileka verskaf is. Amushelelo voeg by dat die polisie-informant die aand van die skietery by 5 Rand-lokasie in Okahandja afgelaai is, en het nie weggehardloop soos die polisie beweer het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo oor die bewerings gepraat.
29 Apr 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Swart soldaatvlieg kan voedselsekerheid aanhelp

Die swart soldaatvlieg is besig om opgang te maak as 'n manier om organiese afval in veevoer en organiese kunsmis te omskep met minimale water- en elektrisiteitinsette. Die vlieglarwes het 'n vurige eetlus en sal enigiets van verrottende vrugte tot mis en dooie diere verorber, selfs verwerkte kosse soos pizza!…
21 May 10AM 1 min

Maak so met myn-beleid om beleggings te lok

Namibië se posisie op die algehele mynwese beleggings-aantreklikheidsindeks het met drie punte verswak, van 59 in 2022 tot 56 verlede jaar. Dit is volgens die 2023 Fraser Institute se peiling van mynmaatskappye. Die president van die Kamer van Mynwese, Zebra Kasete, het kommer hieroor uitgespreek en sê die daling is…
21 May 10AM 1 min

Wie betaal vir Nandi-Ndaitwah se reise - ek en jy?

Die kantoor van die Otjozondjupa-streek se goewerneur onthaal vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah vanaand by Peace Garden in Grootfontein. Daar is glo sleutelareas van belang wat die goewerneur onder haar aandag wil bring. Nandi-Ndaitwah is egter ook vise-president van Swapo en 'n presidentskandidaat, en reis regoor die land in aanloop tot die…
21 May 10AM 1 min

Kampioenebeker-eindstryd soos 'n toets: Nienaber

Rugby: Twee reuse van Europese rugby meet Saterdag kragte in die eindstryd van die Kampioenebeker. Die Ierse span, Leinster, speel teen die Franse klub, Toulouse, in die Tottenham Hotspur-stadion in Londen. Toulouse is die suksesvolste klub in die geskiedenis van die toernooi met vyf oorwinnings, terwyl Leinster die beker reeds…
21 May 9AM 1 min

Kleiner ondernemings kry groot hupstoot

Bank Windhoek het aangekondig dat hy die 200 miljoen Namibiese dollar wat aan die Klein- en Mediumgrootte Ondernemings Ekonomiese Herstel-leningskema toegeken is, ten volle benut het. Van hierdie bedrag is 192 miljoen dollar reeds uitbetaal, met die oorblywende 8 miljoen dollar wat goedgekeur is en binnekort uitbetaal sal word. Die…
21 May 9AM 1 min