Sanders staan agter VSA-studente

--:--
Die onafhanklike Senaat-lid Bernie Sanders sê hy ondersteun Amerikaanse studente se betogings vir die regte van Palestyne. Hy sê die verregse Israeliese regering se aksies in Gaza skok.
29 Apr 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Maak so met myn-beleid om beleggings te lok

Namibië se posisie op die algehele mynwese beleggings-aantreklikheidsindeks het met drie punte verswak, van 59 in 2022 tot 56 verlede jaar. Dit is volgens die 2023 Fraser Institute se peiling van mynmaatskappye. Die president van die Kamer van Mynwese, Zebra Kasete, het kommer hieroor uitgespreek en sê die daling is…
21 May 10AM 1 min

Wie betaal vir Nandi-Ndaitwah se reise - ek en jy?

Die kantoor van die Otjozondjupa-streek se goewerneur onthaal vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah vanaand by Peace Garden in Grootfontein. Daar is glo sleutelareas van belang wat die goewerneur onder haar aandag wil bring. Nandi-Ndaitwah is egter ook vise-president van Swapo en 'n presidentskandidaat, en reis regoor die land in aanloop tot die…
21 May 10AM 1 min

Kampioenebeker-eindstryd soos 'n toets: Nienaber

Rugby: Twee reuse van Europese rugby meet Saterdag kragte in die eindstryd van die Kampioenebeker. Die Ierse span, Leinster, speel teen die Franse klub, Toulouse, in die Tottenham Hotspur-stadion in Londen. Toulouse is die suksesvolste klub in die geskiedenis van die toernooi met vyf oorwinnings, terwyl Leinster die beker reeds…
21 May 9AM 1 min

Kleiner ondernemings kry groot hupstoot

Bank Windhoek het aangekondig dat hy die 200 miljoen Namibiese dollar wat aan die Klein- en Mediumgrootte Ondernemings Ekonomiese Herstel-leningskema toegeken is, ten volle benut het. Van hierdie bedrag is 192 miljoen dollar reeds uitbetaal, met die oorblywende 8 miljoen dollar wat goedgekeur is en binnekort uitbetaal sal word. Die…
21 May 9AM 1 min

Uitdaging in SA vir wintersonstilstand-swem

Die Nasionale Seereddingsinstituut daag alle Suid-Afrikaners uit om die koue te trotseer vir 'n goeie saak deur deel te neem aan 'n wintersonstilstand-swem om noodsaaklike fondse in te samel. Die NSRI se woordvoerder, Andrew Ingram, sê soos die wintersonstilstand nader kom, met die langste nag van die jaar op 20…
21 May 8AM 1 min