Jerry het 'n reg om te vra oor sy wetsontwerp
--:--
Swapo parlementslid Jerry Ekandjo was verlede week woedend in die Nasionale Vergadering omdat hy nog nie terugvoering van president Nangolo Mbumba gekry het oor sy twee private lede-wetsontwerpe nie. Die Nasionale Vergadering het die wetsontwerpe goedgekeur om die term "eggenoot" te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig. Dit sal die erkenning van selfdegeslag-huwelike in Namibië blokkeer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, oor of die president homself oor die omstrede wetsontwerpe gaan uitspreek.