Dubbele beseringsterugslag tref Leeus

--:--
Rugby: Twee beserings bring 'n dubbele terugslag vir die Leeus voor hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting môre teen die verdedigende kampioen, Munster. Die senter, Henco van Wyk, en die heelagter, Quan Horn, is weens beserings nie beskikbaar nie. Die losskakel Jordan Hendrikse sal sy 50ste wedstryd egter as heelagter speel, met Sanele Nohamba wat op losskakel bly. Die Leeus veg vir ’n plek onder die top-agt en die skopafrigter Morné Steyn sê dis soos uitkloprugby.
26 Apr 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Lae vlak van Zambezirivier wek kommer

Die vlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het effens gestyg tot 1,63m, volgens die Namibiese hidrologiese dienste se jongste verslag. Die watervlak is egter baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 5,10m bereik het. Verlede maand is berig dat honderde seekoeie gestrand en vasgekeer is in modderpoele…
9 May 1AM 1 min

Real Madrid veg deur na Kampioeneliga-eindstryd

Sokker: Die 14-malige kampioen, Real Madrid, het in die tweede deel van die halfeindronde teruggeveg en Bayern Munich met twee-een verslaan om die Kampioeneliga-eindstryd met ʼn vier-drie-totaal te haal. Alphonso Davies het Bayern ʼn voorsprong gegee wat hulle 88 minute lank behou het. Doelskopper Joselu het in die bestek van…
9 May 1AM 1 min

Bank van Namibië kyk na die toekoms

Die Bank van Namibië het in 2021 'n nuwe betalingstelsel ingestel wat tot 2025 gaan duur. Dit sluit makliker transaksies deur elektroniese oordrag van vondse in. Die bank is van plan om die stelsel in die toekoms verder te transformeer, wat die ekonomie volgens hulle 'n hupstoot sal gee. Kosmos…
9 May 12AM 1 min

George-gebou reddingspoging 'gaan langer vat'

Die hoof van die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum, Colin Deiner, sê die voortgesette reddings- en herwinningsoperasie sal meer tyd verg as wat aanvanklik verwag is. Na 49-uur sedert die gebou ingetuimel het, is 36 werkers uitgehaal, waarvan sewe dood en 16 in 'n bedenklike toestand is. Deiner het die jongste inligting gedeel…
9 May 12AM 1 min

Gedenkdiens eer drie gestorwe Westair-werknemers

Die tragiese vliegongeluk verlede Vrydag in Windhoek waarin drie werknemers van Westair gesterf het, het hul families en kollegas in skok gelaat. Rozanne de Beer-Olivier, haar medevlieënier Ruan van Schalkwyk en vliegtuig ingenieur Armand Lubbe is op slag dood. 'n Gedenkdiens is vandag in die hoofstad gehou. Dr. Willem Moore,…
8 May 1PM 1 min