Nam-vroue kry minder kinders

--:--
Die geboortekoers van vrouens tussen die ouderdomme van 20 en 40 het gedaal vanaf 2018 tot 2021. Dit is volgens die tweede uitgawe die Namibië Statistieke-agentskap. Terwyl die redes hiervoor nie aangevoer word nie, word daar beaam dat daar beter toegang tot voorbehoedmiddels is, en dat kinders duur is, veral vir werkende families. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê 'n dalende geboortekoers kan in die toekoms negatiewe effekte op die ekonomie hê.
26 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Vaar op soos Christus: Pastoor Philander

Hemelvaartdag word vandag herdenk om Jesus Christus se hemelvaart volgens die Bybel te herdenk. Dit val altyd op ‘n Donderdag en vind plaas op die 40ste dag van Paasfees, 39 dae na Paassondag. Hemelvaartdag merk die einde van die Paasseisoen en vind tien dae voor Pinkster plaas. Plaaslike pastoor Brian…
9 May 2AM 1 min

Lae vlak van Zambezirivier wek kommer

Die vlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het effens gestyg tot 1,63m, volgens die Namibiese hidrologiese dienste se jongste verslag. Die watervlak is egter baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 5,10m bereik het. Verlede maand is berig dat honderde seekoeie gestrand en vasgekeer is in modderpoele…
9 May 1AM 1 min

Real Madrid veg deur na Kampioeneliga-eindstryd

Sokker: Die 14-malige kampioen, Real Madrid, het in die tweede deel van die halfeindronde teruggeveg en Bayern Munich met twee-een verslaan om die Kampioeneliga-eindstryd met ʼn vier-drie-totaal te haal. Alphonso Davies het Bayern ʼn voorsprong gegee wat hulle 88 minute lank behou het. Doelskopper Joselu het in die bestek van…
9 May 1AM 1 min

Bank van Namibië kyk na die toekoms

Die Bank van Namibië het in 2021 'n nuwe betalingstelsel ingestel wat tot 2025 gaan duur. Dit sluit makliker transaksies deur elektroniese oordrag van vondse in. Die bank is van plan om die stelsel in die toekoms verder te transformeer, wat die ekonomie volgens hulle 'n hupstoot sal gee. Kosmos…
9 May 12AM 1 min

George-gebou reddingspoging 'gaan langer vat'

Die hoof van die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum, Colin Deiner, sê die voortgesette reddings- en herwinningsoperasie sal meer tyd verg as wat aanvanklik verwag is. Na 49-uur sedert die gebou ingetuimel het, is 36 werkers uitgehaal, waarvan sewe dood en 16 in 'n bedenklike toestand is. Deiner het die jongste inligting gedeel…
9 May 12AM 1 min