Jongste oor Daurês se groen-waterstof

--:--
Konstruksie van Fase 1 van die Daurês Groen-waterstof Dorp is 85 persent voltooi, en die projek sal na verwagting teen einde Julie vanjaar 18 ton waterstof en 100 ton groen ammoniak produseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jerome Namaseb, die uitvoerende hoof van die Daurês Groen-waterstof Dorp, wat 'n opdatering oor die projek gee.
26 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Real Madrid veg deur na Kampioeneliga-eindstryd

Sokker: Die 14-malige kampioen, Real Madrid, het in die tweede deel van die halfeindronde teruggeveg en Bayern Munich met twee-een verslaan om die Kampioeneliga-eindstryd met ʼn vier-drie-totaal te haal. Alphonso Davies het Bayern ʼn voorsprong gegee wat hulle 88 minute lank behou het. Doelskopper Joselu het in die bestek van…
9 May 1AM 1 min

Bank van Namibië kyk na die toekoms

Die Bank van Namibië het in 2021 'n nuwe betalingstelsel ingestel wat tot 2025 gaan duur. Dit sluit makliker transaksies deur elektroniese oordrag van vondse in. Die bank is van plan om die stelsel in die toekoms verder te transformeer, wat die ekonomie volgens hulle 'n hupstoot sal gee. Kosmos…
9 May 12AM 1 min

George-gebou reddingspoging 'gaan langer vat'

Die hoof van die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum, Colin Deiner, sê die voortgesette reddings- en herwinningsoperasie sal meer tyd verg as wat aanvanklik verwag is. Na 49-uur sedert die gebou ingetuimel het, is 36 werkers uitgehaal, waarvan sewe dood en 16 in 'n bedenklike toestand is. Deiner het die jongste inligting gedeel…
9 May 12AM 1 min

Gedenkdiens eer drie gestorwe Westair-werknemers

Die tragiese vliegongeluk verlede Vrydag in Windhoek waarin drie werknemers van Westair gesterf het, het hul families en kollegas in skok gelaat. Rozanne de Beer-Olivier, haar medevlieënier Ruan van Schalkwyk en vliegtuig ingenieur Armand Lubbe is op slag dood. 'n Gedenkdiens is vandag in die hoofstad gehou. Dr. Willem Moore,…
8 May 1PM 1 min

Plaasmoorde 'skep paniek, onsekerheid by boere'

Die Vrystaatse Landbou-departement sê die moorde op die bejaarde egpaar Christo Morrisen, en sy vrou Christa by Rietfontein-plaas het paniek en onsekerheid geskep onder boere, oor hul veiligheid en sekuriteit. Die departement sê sulke voorvalle bedreig voedselsekerheid en werkskepping, en die verlies aan een boer is een te veel. Die…
8 May 1PM 1 min