Meer as 280m mense is honger

--:--
Meer as een uit vyf mense in 59 lande het verlede jaar ernstige voedselonsekerheid beleef teenoor slegs een uit tien in 48 lande in 2016. Dit is volgens die jongste Wêreldverslag oor Voedselkrisisse waarby verskeie agentskappe van die Verenigde Nasies betrokke was. Die direkteur van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie, Rein Paulsen, sê gevaarlike hongersnoodvlakke het verlede jaar 281,6-miljoen mense geraak in die vyfde agtereenvolgende jaar wat voedselonsekerheid vererger:
25 Apr 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Pluimvee-invoere vanaf SA sal plaaslike produsente raak

Hoender- en pluimvee-produkte word weer vanaf Suid-Afrika ingevoer nadat die verbod wat weens voëlgriep ingestel is, opgehef is. Invoere word net toegelaat vanaf produsente wat binne die sogenaamde voëlgriep-vry kompartemente is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rene Werner, die voormalige voorsitter van die Pluimveeprodusentevereniging, oor of dit goeie nuus…
28 May 5AM 1 min

Kaapstad woed met kabeldiefstal

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hulle baklei terug teen 'n golf van kabeldiefstal, veral van straatligte. Die stadspolisie het in die nege maande van Julie tot Maart meer as 1,7 ton gesteelde metaal teruggevind, insluitend meer as 53 000 meter gesteelde kabels. Hill-Lewis sê die stad brei sy patrollies…
28 May 5AM 1 min

Waninligting, fopnuus 'n uitdaging tydens stemmery

Die Verkiesingskommissie het kiesers gewaarsku om waaksaam te wees teen waninligting wat voor die verkiesing die rondes doen. Die kommissie het tydens 'n nuuskonferensie video's wat onduidelike stembriewe uitbeeld, bespreek en verduidelik dit het nie betrekking op die Suid-Afrikaanse verkiesing nie. Die adjunk-hoofverkiesingsbeampte, Masego Sheburi, het verseker alle stemme, insluitend…
28 May 4AM 1 min

Rotsstorting in PNG... berg steeds onstabiel

Die Internasionale Organisasie vir Migrasie sê reddingswerkers het met talle uitdagings te kampe terwyl hulle liggame herwin ná Vrydag se dodelike grondstorting in Papoea-Nieu-Guinee in die Stille Oseaan-gebied. Meer as 2 000 mense is lewendig begrawe en groot skade is aan infrastruktuur aangerig. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Serhan Aktoprak,…
28 May 4AM 1 min

Droogte het reuse-impak op Hardap-streek

Die droogte is 'n groot probleem en dinge gaan nie gou verbeter nie. Boere regoor die land en veral in sekere streke sukkel om by te hou met produksie en om hul vee en gewasse aan die lewe te hou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die goewerneur van die…
28 May 3AM 1 min