Bibi sê studente wat protesteer is anti-Semitiese gepeupel

--:--
Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê betogings by groot Amerikaanse universiteite teen die oorlog in Gaza moet stop. Die betogers eis dat die Amerikaanse regering ophou om militêre hulp aan Israel te stuur. Sommige studente eis ook dat universiteite ophou om in wapenvervaardigers te belê en sê hulle trek voordeel uit Israel se militêre optrede in Gaza en die besetting van Palestynse grond. Netanyahu beskryf die betogers as anti-Semitiese gepeupel:

TERUG: Die betogings was vreedsaam en het Joodse studente ingesluit.
25 Apr 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Loonprobleem lê by arbeidskonsultante

Die lone wat deur sekere kontrakteurs en diensverskaffers betaal word haal nie die minimum loonvereistes nie. Die Sentrale Verkrygingsraad sê hy sal strenger toepassingsmaatreëls instel om voldoening aan die vasgestelde minimumloonstandaarde te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Kambala, woordvoerder van die Regstellende Herposisionering-beweging, wat sê die grootste…
28 May 7AM 1 min

ANC en EFF koalisie sal radikaal wees

Die Instituut vir Rasseaangeleenthede sê daar kan met redelikheid aanvaar word ʼn ANC/EFF-koalisieregering ná die verkiesing gaan ʼn radikale agenda volg. Die EFF het verklaar ʼn koalisie met die ANC sal berus op drie ononderhandelbare beleidsartikels: grondonteiening sonder vergoeding, gratis onderwys en die nasionalisering van myne. Terence Corrigan van die…
28 May 7AM 1 min

Volksmoord: Nog 'n Mei-vakansiedag

Die inligtingsminister Emma Theofelus het 28 Mei as Volksmoord Herinneringsdag verklaar en dit sal jaarliks as openbare vakansiedag dien. Die dag is die dag dat alle konsentrasiekampe ontbind is.
28 May 7AM 1 min

Ramptoestand vir droogte deur landbou verwelkom

Die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, verwelkom die amptelike verklaring van ‘n ramp in verband met die droogte. Daar is 825 miljoen Namibiese dollar tot Junie volgende daarvoor begroot. Die groter deel, 600 miljoen dollar gaan aan voedselbystand en die res, vir landbou wat dit broodnodig het. Pretorius…
28 May 6AM 1 min

Bwabwata-lodges: Vleilande is uiters sensitief

Die twee luukse tent-lodges by die Bwabwata Nasionale Park beplan word lok steeds reaksie uit. Die park is onder beskerming van die Ramsar Konvensie oor vleilande en die gebied waar die ontwikkelinge beoog word is in die vleiland. Kosmos 94.1 Nuus dr. Peter Cunningham, 'n plaaslike ekoloog, gepraat oor moontlike…
28 May 6AM 1 min