LP doen beroep dat embargo op Kuba gelig word

--:--
Namibië se geskiedkundige verbintenisse en bilaterale betrekkinge met Kuba het die Swapo parlementariër Shiimi Katoma genoop om 'n mosie in die Nasionale Vergadering voor te lê vir Namibiërs om Kuba te ondersteun. Amerika het in 1960 'n handelsverbod op Kuba ingestel, wat Kuba se ekonomie aansienlik beïnvloed het. Huidiglik wil Amerika 'n meer demokratiese Kuba hê, terwyl Kuba 'n einde aan die embargo begeer. Katoma het ook gevra dat die gewraakte Amerikaanse basis op die eiland, Guantanamo Bay, toegemaak word.
16 Apr 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Mieliemeel sal moet ingevoer word weens klein oeste

Die landbou-ministerie se voorlopige oesskattings dui op 'n drastiese vermindering in die voorspelde oes, weens die droogte. Die totale nasionale graanproduksie van mielies, giers, sorghum en koring word op 72 150 metrieke ton geraam. Dit is 53 persent laer as verlede seisoen se oes van 153 012 ton. Slegs die…
30 Apr 10AM 1 min

Namibië, België werk saam in her-bossing projek

Namibië se ministerie van omgewing, bosbou en toerisme en België se Lignaverda-herbebossing Koöperasie gaan saamwerk om 'n gebied in die Kavango-Wes-streek te rehabiliteer en te her-bos. 'n Memorandum van verstandhouding hieroor is onderteken by Staatshuis deur Theofilus Nghitila, die ministerie se uitvoerende direkteur, en Lignaverda se uitvoerende hoof, Werner Sels…
30 Apr 10AM 1 min

Blitsbokke hoop veterane laat hulle geluk draai

Rugby: Die terugkeer van die veterane, Dylan Sage en Siviwe Soyiswapi, dra heelwat ervaring by in die Blitsbokke se veldtog by vandeesweek se Singapoer Sewes. Volgens SA Rugby is albei ou kalante met hulle loopbane van bykans ‘n dekade. Albei staatmakers maak hulle eerste verskyning in die 2024-seisoen en Soyiswapi…
30 Apr 9AM 1 min

Parlementslede rus bietjie tot 4 Junie

Die Nasionale Vergadering is tot 4 Junie op reses. Die laaste sitting het verlede week op 'n humeurige noot geëindig toe die Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo gekla het oor sy omstrede private lede-wetsontwerpe wat nog nie onderteken is nie. Die status van die wetsontwerpe sal moontlik in die volgende sessie aangespreek…
30 Apr 9AM 1 min