'Bitcoin te wissalvallig om goeie belegging te wees'

--:--
Bitcoin bly aanloklik vir beleggers en verhandel op die oomblik teen net meer as 70 500 Amerikaanse dollar maar, is dit ‘n veilige belegging. Die ekonoom Arney Tjaronda, ‘n navorser by die makelaarsfirma Simonis Storm sê die kommoditeit is te wisselvallig om as veilige belegging bestem te word.
11 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

LEFA se aantygings moet aangespreek word

Die gewilde LEFA Transportation Services sê hy sal dalk gedwing word om toe te maak oor wat onregverdige mededinging noem. Hy beweer internasionale saamry-besighede soos Yango en InDrive is besig met onbillike sakepraktyke. Dit sluit in om pryse tot tot onvolhoubare vlakke te sny, en plaaslike entrepreneurs het nie die…
2 May 6AM 1 min

Erongo-polisie vergader Saterdag met boere

Die Erongo-polisie sal Saterdag op plaas Satamab Noord in die Usakos-distrik ‘n vergadering met boere hou oor veediefstal, stropery en betrokke kwessies. Boere oral sukkel met reuse-uitdagings in die verband. Dit begin om tien-uur. Adjunk-hoofinspekteur Jeffrey /Urib het meer.
2 May 6AM 1 min

Verhoging in toelaes wag nog 'n maand

Kwesbare kinders en pensioenarisse sal nog ‘n maand moet wag voor die verhoging in hul toelae intree. Die begroting is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur voor hy in reses gegaan het. Die speaker, professor Peter Katjavivi moet nou die dokument aan president Nangolo Mbumba stuur om bekragtig te word voor…
2 May 6AM 1 min

Cleanergy vorder uiters goed

Cleanergy Solutions Namibia, 'n gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver & List en CMB.TECH, is die eerste groen waterstofproduksieterrein van sy soort in Afrika. Die waterstofproduksie-aanleg in Walvisbaai sal sonkrag gebruik vir waterstofproduksie. Dit word ontwikkel as 'n buigsame projek wat maklik uitgebrei kan word deur ander aktiwiteite en tegnologieë te gebruik…
2 May 5AM 1 min

Sewes: Snyman optimisties oor top-vier uitslag

Die Springbok Sewes se hoofafrigter, Philip Snyman, sê hy is optimisties oor 'n top-vier-uitslag in die Singapoerse sewestoernooi dié naweek. Die Blitsbokke pak Spanje, Samoa en Frankryk in hul groep. Snyman sê om ervare Blitsbokke soos Siviwe Soyizwapi, Dylan Sage en Rosko Specman terug te hê, is 'n groot hupstoot…
2 May 5AM 1 min