
Graan SA vra regering om in te gryp met rampfonds vir droogte
--:--
Met finansiële druk wat toeneem as gevolg van verlaagde opbrengste en stygende produksiekoste, doen die Suid-Afrikaanse graanbedryf 'n dringende beroep op die regering vir ondersteuning en bystand om die las op produsente te verlig. Tobias Doyer, Graan SA HUB, het tydens 'n mediakonferensie by die organisasie se jaarkongres gepraat.