Waarskuwing oor veedief wat vanuit tronk swendel

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Veediefstal eenheid waarsku veeboere om op hul hoede te wees vir ‘n misdadiger wat weer besig is om vee aan te koop of te verkoop en hy reel selfs vervoer. Hierdie persoon gebruik ‘n Afrikaanse naam en van en praat baie goed Afrikaans. Hy vermom hom asof hy ‘n ouer persoon is en gee voor dat hy nie presies weet hoe om te werk te gaan nie. Boere word gevra om onder geen omstandighede diere te lewer voordat die betaling nie in die bankrekening wys nie. Indien jy ‘n oproep van hierdie persoon ontvang, skakel jou naaste veediefstal eenheid. Veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, Isabel Kruger, verduidelik wat die verdagte se modus operandi is…
27 Feb 2024 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min