Saai loods betredingsveldtog

Loading player...
Onwettige betreding en betreding van private eiendomme het een van die algemeenste misdade geword wat landbouproduksie op klein- en mediumskaalse plase in Suid-Afrika belemmer.

Die landbouorganisasie SAAI sê betreding lei tot ernstiger misdade soos diefstal, onwettige beweiding van vee, beskadiging van eiendom, sny van heinings en die skep van konflik en aanvalle.

Saai Direksievoorsitter Dr. Theo de Jager sê hulle het gevolglik besluit het om 2024 die jaar van die bekamping van onwettige betreding en indringing te maak. Vir dié doel het Saai vendeesweek ’n omvattende veldtog van stapel gestuur om boere te help om weerstand te bied.
OFM se Dane Beisheim het met hom gesels.
20 Feb 2024 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min