Waak teen moontlike uitbraak van Januarie-siekte

Loading player...
Die Departement van Landbou het onlangs ’n dringende skrywe uitgereik waarin hulle waarsku teen die moontlike uitbreking van Januarie-siekte (Theileria parva) onder beeste in Zimbabwe. Die waarskuwing dui daarop dat daar ’n risiko bestaan dat die siekte na Suid-Afrika versprei kan word.
Volgens Dewald Olivier, hoof uitvoerende bestuurder van Red Meat Industry Services (RMIS), is dit ’n ernstige waarskuwing wat die rooivleisbedryf in Suid-Afrika moontlik kan raak. In die skrywe word gemeld hoewel Suid-Afrika meer as 50 jaar gelede hierdie siekte aangemeld het, ons nie ons streng biosekutiteit maatreëls moet laat vaar nie.
12 Feb 2024 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min