Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend

Loading player...
Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend in samewerking met OFM en Bloemfontein Courant om die boodskap van Omgee te versprei dwars deur die Vrystaat. Omgie is Engo se amptelike “mascot” en ambassadeur by skole en sy droom is om vir ander te wys hy gee om. Die Engo Omgie Sivviedag sal vanjaar plaasvind op Vrydag, 27 Oktober 2023, in die vorm van ‘n spesiale “sivviedag” ten bate van Engo. De Wet Claassen gesels met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor die besonderse dag so wel as 'n liedjie wat hulle vir die dag laat skryf het.

Volgens De Wet Claassen, Hoof Uitvoerende Direkteur van Engo Vrystaat het die droom vir 'n liedjie begin met hul Omgie dag waar hulle jaarliks met Omgie dag skole besoek om die boodskap vir kinders te gee oor Omgee. Hulle het gevoel “iets” kort en het toe met Cezanne Yzelle en Jacobus Silwer gesels en vertel dat hulle Engo se hart op ‘n lekker pret manier wil oordra met ‘n liedjie. Soos jy sal hoor het Cezanne en Jacobus ENGO se verwagtinge oortref met hierdie spesiale liedjie – Kyk na die Here.

Die woorde en wysie is van so aard dat mens nie anders kan as om net te wil saam dans nie….oud en jonk. Daar is ook ‘n lekker dans wat ENGO kinders gaan leer tydens Vrydag se Omgie Dag. Die beplanning is dat die liedjie in Sotho ook gedoen word. Die musiekvideo is nog in produksie.
Alle opbrengste van die liedjie gaan aan Engo om die werk wat hule in die Vrystaat doen te bevorder.
Die liedjie sal beskikbaar wees op alle aanlyn platforms vanaf die 30ste Oktober af.​
24 Oct 2023 5AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Immunadue - Dis eenvoudig, bekostigbaar en die een met die pers prop!

Immunadue gee jou al die daaglikse ondersteuning in één bottel – met vitamiene, minerale en antioksidante. Kyk uit vir die een met die pers prop! Bemarkings Direkteur van Star Choice Marketing, Schalk Mulder sluit by Yolanda Maartens aan om te vertel watter bestandele in Immunadue is en ook die funksie…
14 Jan 5AM 3 min

KYB Academy se werksgeïntegreerde leerbenadering laat hul uitstaan bo die res

KYB Academy is ’n vooruitstrewende opleidingsinstansie in Potchefstroom wat daarop fokus om jongmense toe te rus vir werksgeleenthede met relevante, praktiese beroepsopleiding. Akademiese en Nagraadse Ondersteuningsbestuurder by KYB Academy, Frans Neveling, sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor hul TECH en TEPP programme so wel as wat hul…
8 Jan 4AM 2 min

Akademia kan jou help om jou studie drome in aksie om te skakel – al werk jy reeds

Werk jy reeds maar het jy drome om verder te studier? Akademia se nauurse afstandsmodel bied vir jou die geleentheid om jou drome in aksie om te skakel. Kayla Barker gesels met Danelle Conradie, bemarkingsadviseur by Akademia, hieroor. Neem die eerste tree op jou studiereis deur www.akademia.ac.za te besoek. Studieaansoeke…
12 Dec 2025 3AM 3 min

Akademia se landbouskenkingsfonds loop hand in hand met hul toekomsplanne

Die Akademia-landbouskenkingsfonds is in 2025 gestig om Akademia se landbouontwikkeling, wat deel sal vorm van die instelling se 2028- wêreldklas kampus in die ooste van Pretoria, te ondersteun. Zander Botha, bestuurder van die Akademia-skenkingsfonds sluit by Yolanda Maartens aan met al die opwindende besonderhede. Besoek gerus ook akademia.ac.za
10 Dec 2025 4AM 4 min