Wiele2Wiele ry met Range Rover Autobiography

--:--
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Range Rover Autobiography en gaan saam met die familie op ʼn avontuur met Kia se Carnival. Hulle gee raad oor die noodgereedskap wat jy altyd saam met jou op reis moet vat en gesels oor ’n bromponie waarvoor jy maar kan padgee - BMW se elektriese CE 04.
15 Sep 2023 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry met nuwe Ford-bus

In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. get\Worth gee raad oor hoe jy geld kan spaar,…
20 Sep 26 min

Wiele2Wiele ry met nuwe Tiguan

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele het hulle met die splinternuwe derde generasie Volkswagen Tiguan gaan ry en tyd met VW se ID.4 deurgebring. GAC se nuwe Emkoo gooi flikkers, hulle gee raad oor waardevermindering en vertel vir jou van ’n sakpas-avontuurmotorfiets wat jou sal verbaas - die Kove…
12 Sep 25 min

Wiele2Wiele vat langpad met Mini Countryman S

In hierdie week se episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Mini Countryman S, spandeer tyd met Audi se A3-sedan en daar was alles waarvan jy kan droom by die 'Festival of Motoring'. Daar is raad oor waardevermindering en alles oor 'Project-X', navigasie en ʼn avontuurfiets-kompetisie.
6 Sep 26 min

Wiele2Wiele ry met opgeknapte Polo Vivo

In hierdie week se episode gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Suid-Afrikaanse liefling - die VW Polo Vivo. Hulle ervaar ook ‘n paar eerstes by Toyota se ‘Women in Auto’-geleentheid - die brandstofsel- elektriese Toyota Mirai en hul battery- elektriese BZ4X. Suzuki SA vat hande met FleetMax Africa om ’n…
29 Aug 25 min

Wiele2Wiele ry met GWM se nuwe P500 en Tank 500

In hierdie week se episode gaan ry Wiele2wiele met ’n reus van ’n bakkie - die nuwe GWM P500 en ook met die Tank 500, wat amper ’n ampsmotor kan wees. Daar is nog ’n nuwe Chinese handelsmerk in Suid-Afrika - GAC - en sy nuwe GS3 Emzoom gooi behoorlik…
22 Aug 25 min