Wiele2Wiele ry met opgeknapte Hyundai Palisade

--:--
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Hyundai se vlagskip Palisade wat ‘n opkikkering ondergaan het. Hulle het ook vir jou die perfekte oplossing as jy ’n gesinsvoertuig soek en terselfdertyd ’n onderneming wil bedryf - Hyundai se Staria Multicab. Terwyl die Formule E in Kaapstad plaasgevind het, was Wiele2Wiele by die Kyalami 9 uur-uithouren en vertel hulle vir jou alles wat daar gebeur het.
1 Mar 2023 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse.
18 Apr 24 min

Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend

Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel - die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa - die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees.
11 Apr 25 min

Wiele2Wiele ry met mu-X

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X. Mercedes-Benz het sy stempel van goedkeuring vir die SVI-gepantserde V300 luukse bussie gegee en die span gesels oor verskillende dieselinspuiting-strategieë. Hulle gesels ook met Roald Van Zyl Smit wat vyf ou Vespa-bromponies besit.
4 Apr 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’

Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk.
2 Apr 24 min

Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-Roc

Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc. Daar was GR-aksie met die GR Corolla en hulle gee ‘n motorwaarde-wenk. Hulle gesels ook met Jan Ryan van JR Motox Training en sy hart om van jonk na oud kennis te bemagtig om hulle veilig…
21 Mar 25 min