Hemelvaart

--:--
Psalm 24
'n Psalm van Dawid.
Die aarde en alles wat daarop is,
die wêreld en dié wat daar woon,
alles behoort aan die Here,
want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê
en dit stewig gevestig in die waters.
Wie mag die berg van die Here opgaan
en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is,
wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
So iemand sal van die Here seën ontvang,
en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
Die mense wat na sy wil vra en Hom dien,
is die geslag van Jakob.
Sela
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is hierdie magtige Koning?
Die Here, sterk en geweldig,
die Here, oorwinnaar in elke stryd.
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is Hy, hierdie magtige Koning?
Die Here, die Almagtige,
Hy is die magtige Koning.
3 Jun 2022 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Good Friday

Zechariah 3 Clean Garments for the High Priest 3 Then he showed me Joshua the high priest standing before the angel of the Lord, and Satan[a] standing at his right side to accuse him. 2 The Lord said to Satan, “The Lord rebuke you, Satan! The Lord, who has chosen…
29 Mar 21 min

Jesus se eerste wonder teken

JOHANNES 2:1-11 Op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” Maar Hy…
22 Mar 20 min

Woman Here Is Your Son

John 19:17-27 Carrying his own cross, he went out to the place of the Skull (which in Aramaic is called Golgotha). There they crucified him, and with him two others—one on each side and Jesus in the middle. Pilate had a notice prepared and fastened to the cross. It read:…
8 Mar 20 min