Agri-uur: 21 Oktober, Ingrid Boshoff
--:--
Ons staan aan die begin van planttyd vir die nuwe seisoen met kunsmispryse wat boere na hul asems laat snak. Sommige produkte se pryse is amper 70% hoër as verlede jaar. Siende dat gewasse voedingstowwe nodig het om goeie opbrengste te lewer, het boere nie regtig ‘n keuse nie. Ingrid Boshoff, een van Syngenta se tegniese deskundiges, sê egter dat slim onkruidbeheer die impak van hoë kunsmispryse kan versag. OFM-nuus se Elsabé Richard het met haar hieroor gepraat…