Agri-Uur: 4 Augustus, Nico Fouché

--:--
Die Suid-Afrikaanse melkbedryf is kerngesond. Só sê Nico Fouché, hoof uitvoerende beampte van Melk SA. Hy het in ‘n onderhoud met OFM-nuus se Elsabé Richard, oor hoe dit tans in die bedryf gaan, gesê dat die gemiddelde roumelk-produksie in die land die afgelope 12 jaar met sowat 2,26% jaar-op-jaar gestyg het. Hier is die onderhoud…
4 Aug 2021 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Agri Noordwes wys Jongboer van die Jaar aan

Agri Noordwes het tydens hul jaarlikse jongboerkongres, die provinsie se Jongboer van die Jaar vir 2024 gekroon. Van die drie finaliste in die gesogte kompetisie was dit Kobus Beyers, boer van Wolmaransstad, wat met die louere weggestap het.
23 Apr 11PM 6 min

Vereistes vir Vergoedingsfondsloonopgawes

Die direkteur-generaal van die departement van indiensneming het in Februarie 2024 bekend gemaak dat besighede vanaf 1 April 2024 verplig is om hulle loonopgawes in te dien by die Vergoedingsfonds. Work Accident Support, ’n maatskappy wat spesialiseer in die administrasie van werksbeserings en produsente in die landboubedryf ondersteun, se stigter…
22 Apr 11PM 4 min

Uitvoer fokus verskuif na Egipte en Indonesië te midde van droogte

Die volgehoue droogte in Suid-Afrika plaas druk op die land se uitvoerpotensiaal vir hierdie jaar. Daar is egter goeie nuus - Egipte het onlangs sy deure vir die invoer van mielies en sojabone uit Suid-Afrika oopgemaak. Ekonoom by Graan SA, Heleen Viljoen, vertel meer…
22 Apr 11PM 5 min

Wees beter voorbereid op veldbrande

Hoe vroeër voorbereiding vir die brandseisoen gedoen kan word, hoe beter. Johan Breytenbach van Mangung Fire Protection Association (MAFPA) vertel hoewel sekere tye van die jaar aan meer brande gekenmerk word, dit baie met omstandighede te doen het.
23 Apr 11PM 8 min

Onwettig jag met honde teister Suid-Vrystaat

Boere in die Suid-Vrystaat word al meer geteiken deur onwettige jagters wat honde gebruik om skaap te steel. Voorsitter van die Springfontein boere vereniging, Bertie Grobler, vertel daar is onlangs 30 skape erg beseer en tien gesteel op die plaas Stapelhurst.
22 Apr 7AM 1 min