Agri-Uur: 3 Augustus, Ferdie Botha
--:--
Rosyntjieverkope in Suid-Afrika het met sowat 20% toegeneem alhoewel die bedryf se pryse tans onder druk verkeer. Internasionaal het verkope jaar-op-jaar met sowat 13% gegroei. Ferdie Botha, hoof uitvoerende bestuurder van Raisins SA, sê toe die Covid-19 pandemie sy kop verlede jaar in die land uitgesteek het, was die bedryf bekommerd. Tot hul verbasing het verkope egter toegeneem. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gesels…