Agri-Uur: 26 Julie, Nicol Jansen
--:--
Daar is groot verligting nadat die Noord-, Oos- en Wes-Kaap vandeesweek as droogterampgebiede verklaar is. Landbou-organisasies in dié provinsies het hierdie aankondiging met ope arms verwelkom. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, verduidelik dat hierdie 'n nasionale rampverklaring is wat toegepas kan word op die genoemde provinsies. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom hieroor gesels…