OppieStoep verwelkom ‘n nuwe aanbieder saam met Pietman

Loading player...
Suid-Afrikaners hou van ’n goeie storie. As dit ’n storie is wat hulle kan laat lag, soveel te beter. Dit is presies wat OppieStoep deur die jare gewys het. Nie net hou ons van lag nie, maar ons is geseën met ’n magdom uitstekende storievertellers.

Vir die vyfde seisoen van OppieStoep wat in Julie afskop, is daar ’n nuwe persoon in een van die aanbiederstoele wanneer Lyntjie Jaars saam met Pietman Geldenhuys voor die kameras inskuif. Die reeks spog ook met ’n nuwe stel asook storievertellers wat vir die eerste keer deel van die program is.
9 Jul 2021 3AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Anton Goosen oor pa-word op 80

Jean-Louis gesels met die legende van Afrikaanse rock, Anton Goosen. Op 80 begin hy ’n nuwe hoofstuk in sy lewe, want hy en Estie verwag hul eerste kind saam. Anton beskryf die nuus self as: “Dis soos om tjoklitkoek te kry, maar jy het beskuit verwag.” In hierdie spesiale gesprek…
16 Mar 4AM 7 min

Elmero Strauss gesels oor die Meraki Wellness Empowerment Foundation

Elmero Strauss gesels oor die Meraki Wellness Empowerment Foundation en die belangrike rol wat die organisasie speel om vroue te ondersteun en te bemagtig. Die inisiatief fokus op die bou van selfvertroue, welstand-opleiding en professionele ontwikkeling binne die skoonheids- en welstandbedryf. Deur praktiese geleenthede en ondersteuning help hulle vroue om…
13 Mar 6AM 4 min

Jean-Louis Gesels met Eloff oor “Bietjie Chill”

Jean-Louis gesels met Eloff oor sy splinternuwe enkelsnit, “Bietjie Chill”. Hulle praat oor die inspirasie agter die liedjie, die lekker ontspanne vibe daarvan, en hoekom dit die perfekte klankbaan is wanneer vriende net saam wil kuier, lag en ’n bietjie wegbreek van die alledaagse lewe.
13 Mar 3AM 4 min

Vergrote Prostaat: Wat Elke Man Moet Weet

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ’n onderwerp wat uiteindelik by elke man kan voorkom: ’n vergrote prostaat. In hierdie gesprek verduidelik hulle hoekom dit gebeur, watter simptome mans kan ervaar, hoe dit gediagnoseer word, en watter natuurlike opsies daar is om verligting te help bring. Hulle bespreek ook A…
11 Mar 4AM 12 min

From Ideas to Code: A Conversation with Software Developer Marius van Wyk

In today’s episode of Maak Spore, Elmero Strauss speaks with Marius van Wyk, a software developer who works daily on the digital solutions that help power our modern world. From ideas to code, they explore a field driven by creativity, problem-solving, and continuous development. Tune in to hear how technology…
10 Mar 7AM 6 min