Robbie Wessels Onderhoud - 18 June 2021
--:--
Met ’n splinternuwe album, Die Sluise van die Hemel, slaag Robbie Wessels weereens daarin om aanhangers te laat glimlag met sy humoristiese aanslag en voed hy ook die dieper denkers met liedjies wat elkeen ’n storie vertel. Dié album bevat 12 enkelsnitte, elkeen vanuit Robbie se eie pen, wat aanhangers oor en oor sal wil luister. Drie van dié liedjies spog reeds met musiekvideo’s wat altesaam bykans 10 miljoen kere op YouTube geniet is – weereens net ’n bewys dat Robbie sy aanhangers se behoeftes verstaan en elke keer in die kol is wanneer hy ’n liedjie of musiekvideo vrystel