Ek en God

Ontdek 'n transformerende reis van selfontdekking en geestelike groei terwyl jy God beter leer ken. Elke episode bied inspirerende gesprekke, praktiese wenke en persoonlike getuienisse om jou geloofsreis te verdiep.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality
13 Episodes

Ep. 13 - Om gelowig kwaad te wees

Twee vroue vertel oor hul ervarings van kwaad wees - één oor ’n ontvoering, en die ander een oor ’n gewapende roof. Esté Gross is ’n rubriekskrywer, sangeres en omroeper by PretoriaFM en bied die middag nuus- en aktualiteitsprogram IMPAK aan. Mariëtte Theart is mede-eienaar van MaWees - 'n platform…
11 Mar 24 min

Ep. 12 - Jesus met vel aan ("Ministry of Presence")

In hierdie episode praat DJ Muller met twee passievolle kenners oor "Ministry of Presence". Ons kyk na die waarde daarvan om by iemand teenwoordig te wees met jou lyf en hoe dit elke mens se roeping is om dit te doen. Ronell Bezuidenhout is 'n predikant met 'n passie vir…
26 Feb 24 min

Ep. 11 - From Stats to Stories: Revolutionizing Nonprofit Communication (Rain Bennett)

South Africa is one of the countries with the most NPO’s, against the backdrop of terrible social-economic decay… For very long the only way NPO’s approached raising awareness for the organisation, and getting funding, was through trying to impress with statistics, milestones and presentations. Today, we're diving into the heart…
13 Feb 31 min

Ep. 9 - Om te sterf voor jou dood (dr. Johan Pienaar)

Sommige mense gaan dood voor hul sterfdatum… ’n Mens se pad kruis gereeld met iemand wat nog lewe, maar tog in hul binneste eintlik al begin sterf het... iemand wat hul lus vir die lewe heeltemal verloor het. Dit is iemand wat maar net in die lewe dryf, soos ’n…
23 Jan 23 min

Ep. 8 - Brugleraars - "'n Watse ding?"

Ons hoor gereeld dat daar verwys word na dominees, predikant of leraars, maar "brugleraars" is 'n konsep wat selfde in gesprekke opkom. Brugleraars speel 'n besondere rol in gemeentes en het al in diens van God, tot baie gemeentes se redding gekom. Ds. André Agenbag is betrokke by Gemeentebegeleiding op…
1 Jan 23 min

Ep. 7 - Openbaring: Moet ek feesvier of naels kou?

Ons gesels in hierdie episode met Ds. Ben Blom van Gansbaai. Hy was amper sy hele bediening in Belfast 'n predikant, en het 'n besondere kennis en passie vir die boek Openbaring. Hy help ons bietjie om te dink oor die vraag of die inhoud van Openbaring ons moet laat…
19 Dec 2023 23 min

Ep. 6 - Kersboodskap: Josef, Maria en Jesus vertel... (LUISTERDRAMA)

Josef, Maria en Jesus vertel van hul ervaringe rondom Sy geboorte. Die lastige Romeine en hul ontydige sensus, het Josef warm onder die kraag. Maria is moeg, maar pak met moed die reis Betlehem toe aan, met Josef aan haar sy. Jesus vertel van die geskenk wat Hom die meeste…
12 Dec 2023 10 min

Ep. 5 - Bediening en Uitbranding

Ons gesels met ds. Melanie Thirion, dr. Siegfried Louw en dr. George Roux. Ds. Melanie maak haar hart oop oor haar ervaring met uitbranding in die bediening en dr. Siegfried help ons hierna kyk deur die bril van spiritualiteit. Dr. George Roux is 'n sielkundige met, onder andere, 'n passie…
12 Dec 2023 40 min

Ep. 4 - 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders

In hierdie episode gesels Ronelda Visser met Merrishia Singh Naicker, Bianca Truter Botha & Eugene Malan oor geslagsgebaseerde geweld. Ons gesels oor die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders. Merrishia is 'n verhoudingsterapeut, VGK predikant en koördineerder van die Faith Action Collective. Bianca en Eugene…
5 Dec 2023 42 min

Ep. 2 - Psalms: 'n Immergroen Reisgenoot (Dr. Nico Viljoen)

Ons gesels met Dr. Nico Viljoen van Wellington. Hy is ’n leraar by Wellington Moederkerk. Sy liefde vir die Psalms is merkwaardig, en in ons gesprek met hom, kyk ons na hoekom Psalms gesien kan word as ’n Immergroen Reisgenoot, en hoe die Psalms ons kan help om die mistiekheid…
21 Nov 2023 16 min

Ep. 1 - Kaapkerk Podcast Inleiding

Die Kommunikasie Span van Kaapkerk, Ronelda, Wilmi en DJ, vertel in die breë oor Kaapkerk en die rol van die Kommunikasie Span binne die sinode. Hierdie episode is 'n "pilot" vir die Kaapkerk Podcast. Ons sien uit na nog hope podcasts wat stories vertel, inligting bied en inspireer. Deel gerus…
15 Nov 2023 15 min