OFM Sel 35 – die Thabo Bester-storie

Sel 35 – die Thabo Bester-storie

Beleef die drama en intrige van een van Suid-Afrika se mees waaghalsige ontsnappings – en die verstommende vermetelheid van die Facebook-verkragter en sy glansryke meisie. Besoek ofm.co.za elke Dinsdag vir die volgende aflewering van Sel 35 – en daagliks vir nuusberigte oor die verloop van die verhoor.
Afrikaans South Africa True Crime · True Crime
10 Episodes

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 1

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 1 Ons is in ’n doolhof van misdaad in Suid-Afrika en is op die gevreesde gryslys geplaas omdat daar nie genoeg gedoen word om geldwassery te voorkom nie. Ons gaan op die geldspoor probeer bly deur hierdie doolhof, op soek na die waarheid…
Season 1 / Episode 1 9 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 2

Sel 35 – die Thabo Bester-storie: Episode 2 Ons stap deur Suid-Afrika se misdaaddoolhof op Thabo Bester se geldspoor. Het die glansdokterpreneur dr. Nandipha Magudumana sy beweerde miljarde nagejaag? Gee sy nuwe betekenis aan die term “slay queen”? Het geld, aansien en haar status op sosiale media haar oordeelsvermoë vertroebel?…
Season 1 / Episode 2 9 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 3

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 3 Die gewese Grootvlei-gevangene en nou politikus Gayton Mckenzie voorspel Thabo Bester en dr. Nandi sal vermoor word om die waarheid toe te smeer – “dead people tell no tales”. En in ’n nuwe wending sê E-Blockwatch-stigter en misdaad-ontleder, André Snyman, Bester was…
Season 1 / Episode 3 9 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 4

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 4 Die raaiselagtige dood van Katlego Bereng Mpholo, wie se liggaam onherkenbaar geskend en misbruik is in Thabo Bester se fynbeplande ontsnapping, laat sy familie in rou en op soek na antwoorde nadat hulle Sondag – 'n jaar ná sy dood – sy…
Season 1 / Episode 4 7 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 6

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 6 Ná byna ’n dekade se ondersoekwerk by G4S se maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein, het die Britse joernalis Ruth Hopkins in ons vorige episode verduidelik hoe sameswering en korrupsie die verkragter en moordenaar Thabo Bester in staat gestel het om te ontsnap – en…
Season 1 / Episode 6 7 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 5

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 5 Die verstommende ontsnappingsdrama van die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester uit die Mangaung-gevangenis in Mei 2022, het moontlik die doodsklok gelui vir privaat tronke in Suid-Afrika. Dit was dekades lank 'n lewende hel en nou lyk dit of die lang arm van…
Season 1 / Episode 6 9 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 7

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 7 Hoe maak ’n gevangene – soos die verkragter en moordenaar Thabo Bester – meer geld uit sy sel as miljoene hardwerkende Suid-Afrikaners daarbuite? En hoe omseil Bester finansiële instellings se regulasies, asook Jan Taks se valkoë? Is dit dalk nog van die…
Season 1 / Episode 8 11 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 8

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 8 Die swendelaar Thabo Bester se verlede het hom ingehaal en was moontlik indirek die rede waarom hy ’n plan moes bedink om finaal sy vryheid te probeer koop. Was dit nie vir gewone Suid-Afrikaners se verslagdoening, speurvernuf en oplettendheid nie, het hy…
Season 1 / Episode 9 12 min

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 9

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 9 Die Thabo Bester-storie word beskryf as die mediasirkus sonder einde. In hierdie voorlaaste aflewering van dié reeks, bekyk ons die weke lange mediadekking wat die een, ná die ander wending in dié drama onthul, of sosiale media wat interessante inhoud oplewer of…
Season 1 / Episode 10 10 min

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10 Om te dink dié drama begin met ’n foto van ’n glansdokter en ’n bottel vrugtesap in Woolworths ... Die Thabo Bester en dr. Nandipha Magudumana-storie is die laaste tyd oral in die nuus. Bester, ’n berugte verkragter en moordenaar, bewerkstellig ’n…
Season 1 / Episode 11 11 min