GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
622 Episodes
340 – 360

#DieGrootTrek - Diensplig ('n Boek deur Anlia Heese)

'n Hele generasie se jong mans moes diensplig doen, en alhoewel dit vir sommiges die beste tyd van hulle lewens was is dit nie die geval vir almal nie. Anlia Heese het met veterane gesit wat hulle stories met haar gedeel het en dit toe vasgevang in hierdie boek.
5 Sep 2023 23 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van DuikInstrukteur (Peter)

Baie mense is doodbang vir water maar nie Peter nie. Hy is al vir langer as 30 jaar in die duikbedryf en het al duisende mense opgelei om hierdie onderwater sport te kan geniet. Ons vind uit hoe lyk 'n dag in sy lewe en wat die beste dele van…
4 Sep 2023 33 min

#DieGrootTrek - JJ Van Rensburg (Lente Tuine)

Ons hou daarvan om 2 keer 'n jaar met JJ te gesels wanneer ons tuine die meeste aandag nodig het. JJ help ons met raad oor hoe om jou wintertuin nuwe lewe te gee en seker maak dit is pragtig en reg vir lente.
1 Sep 2023 28 min

#JouGrootKuier - Jakkie Louw & Charlize Bergh

Better bekend saam as Jakkals en Berg het Jakkie Louw en Charlize Bergh kom inloer vir JouGrootKuier om meer te deel oor hulle nuwe konserte saam. Hulle voer ons ook weg met 'n liedjie geskryf deur Jakkie genaam "Bella Musica"
30 Aug 2023 34 min

#DieGrootTrek - Belinda Davids (Whitney Houston cover artist)

Sy is bekend as een van die wereld se beste Whitney Houston impersonators en jy sal haar dalk al op talent kompetisies op die televisie gesien het. Hierdie ongelooflike kunstenaar met die gou stem kom kuier vandag by Doepie en Nina en wys hulle hoekom almal so gaande is oor…
30 Aug 2023 20 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Thys van Everest Wealth

Thys gesels weer met Doepie en Nina vir sy maandelikse GrootGeld insetsel. Hy gee insig oor BRICS en wat dit vir ons bellegings inhou asook wat gebeur met rentekoerse en hoe om self jou aandele te bestuur en waarna om te kyk.
29 Aug 2023 24 min

#DieGrootTrek - Moeletsi Mbeki

Met BRICS sopas verby en baie wat gebeur het wou die GrootTrek span gesels met Journalis en Politiese ontleder ook broer van voormallige president Thabo Mbeki, Moeletsi Mbeki. Hy gee vir ons 'n samevatting van wat gebeur het by die BRICS beraad en ook wat dit moontlik inhou vir SA.
25 Aug 2023 18 min

#JouGrootKuier - Ivan Roux

Die man weet hoe om 'n mens aan die beweeg te kry met sy lekker dans liedjies. Ivan Roux kom gesels bietjie vandag met Doepie & Nina en bederf ook luisteraars met 'n paar akoestiese liedjies.
23 Aug 2023 32 min

#DieGrootTrek - GoodThingsGuy Brent Lindeque

Na al die negatiewe nuus wat ons onlangs gesien het in die media was dit hoogtyd vir iets om ons op te kikker. Brent Lideque better bekend as "The Good Things Guy" het weer bietjie lekker stories kom deel wat ons nie altyd hoor nie en ook meer vertel van…
17 Aug 2023 26 min

#JouGrootKuier - Franja Du Plessis

Die beeldskone Franja Du Plessis het weer kom inloer net na haar nuwe enkelsnit Hakahana vrygestel is. Ons vind uit presies wat dit beteken en watter ander snaaks woorde hulle in die huis gebrui terwyl sy ons vermaak met lekker akoestiese liedjies.
16 Aug 2023 26 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Kunstenaar (Andel Olivier)

Is daar werklike 'n kunstenaar in ons almal? Wel Andel Olivier glo so. Sy het kom inloer en met Doepie en Nina gesels oor wat haar beroep as beeldende kunstenaar van haar eis en sommer bietjie gesien wie is die kreatiewe een tussen Doepie en Nina.
14 Aug 2023 31 min

#DieGrootTrek - Burgermeester Cilliers Brink Augustus Inloer

Hy is 'n man van sy woord. Burgermeester Cilliers Brink het weer kom inloer om te gesels oor die uitdagings wat Pretoria op die oomblik beleef met al die stakings en ook wat ons plaaslike regering doen om dinge reg te ruk en soveel waarde as moontlik aan die belasting…
11 Aug 2023 34 min

#DieGrootTrek - Tendai "Beast" Mtawarira

Hy is n gentle Giant en een van die niceste sportmanne daar buite. Doepie en Nina gesels met Beast Mtawarira oor sy liefde vir liefdadigheid, sy klein hart vir sy familie en ook wat hy dink van die bokke en hulle kanse die jaar by die wereld beker!
10 Aug 2023 16 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Entrepreneur (SOX)

Jy het al gehoor daar word gese, jy moet jou sokkies optrek! Dis presies wat hierdie entrepreneur gedoen het en toe een van Suid-Afrika se suksesvolste sokkie maatskappye begin wat nou uitvoer reg oor die wereld.
7 Aug 2023 25 min

#DieGrootTrek - Rooksein

Rooksein kom loer by ons in op n Vrydag middag nogal om te gesels oor hulle toekenings vir enkelsnitte wat Goud en Platinum gegaan het en bederf ons sommer met lekker akoestiese musiek.
28 Jul 2023 29 min

#JouGrootKuier - Barto

Die eerste keer wat hy by die GrootTrek kom kuier en die man het nie ons in die steek gelaat nie. Barto is vandag op die Rooi stoel en kom vermaak die luisteraars met van sy gewildste liedjies akoesties en vertel ons ook meer oor sy loopbaan wat skielik vlam…
26 Jul 2023 30 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Thys van Zyl

In 'n tyd waar Suid-Afrikaners elke sent moet tel het Thys van Everest Wealth by ons kom kuier om te gesels oor die volgende 6 maande se finansiele vooruitsig en hoe ons kan maak om ons finansies beter te bestuur.
25 Jul 2023 30 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Grafiese Ontwerper)

Ons het almal al beelde gesien wat onmiddelik ons oog vang, maar wie is die kreatiewe meesterbreine agter hierdie skeppings. Vandag gesels ons met Amone n grafiese ontwerper oor wat haar beroep so spesiaal maak en wat mense nie weet van dit nie.
24 Jul 2023 27 min
340 – 360