GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
495 Episodes
300 – 320

#DieGrootTrek - Joan Booysen

33 jaar gelede het Joan ontsnap uit die huis van Gert Van Rooyen. 'n Koelkop 16 jarige meisie het dit reg gekry om haarself uit die situasie te kry. Joan vertel vir ons hoe sy die trauma hanteer en wat sy vandag vir ander mense vertel om hulle ook deur…
26 Jan 2023 32 min

#DieGrootTrek - Nobuntu Webster & Rob Hersov

Nobuntu Webster is die onderleier van Build One South Africa waarvan Mmusi Maimane die leier is. Hulle het onlangs in samewerking met ander parteie hulself na die howe gewend om die regering en eskom aan te vat oor die beurtkrag kwessie. Sy vertel meer van wat hulle wil bereik en…
24 Jan 2023 32 min

#JouGrootKuier - Dozi

Met die Theuns Jordaan tribute show wat vinnig nader kom het een van sy vriende en kunstenaars wat sal optree by die show by ons kom kuier. Dozi maak al jare lank musiek en elke Suid-Afrikaner ken hom, ons vind uit wat volgende is vir sy sang loopbaan en wat…
20 Jan 2023 32 min

#DieGrootTrek - Prof. Glenda Gray oor Kraken Covid variant.

Met so baie stories wat rondloop en die publiek wat bang is vir verdere inperkings het Doepie dit goed gedink om te gesels met Prof. Glenda Gray. Sy is die President en CEO van die Suid Afrikaanse mediese Navorsingraad. Sy vertel ons meer van wat ons kan verwag van die…
17 Jan 2023 24 min

#JouGrootKuier - Charlize Berg

Ons skop die jaar se Jou Groot Kuier af met een van die beste stemme in ons land. Charlize Berg kom gesels met ons oor haar nuwe musiek vir 2023 en doen 'n paar akoestiese nommers vir ons.
13 Jan 2023 36 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Van Life paartjie)

Al ooit gevoel die geraas van die stad raak te veel en jy net alles wil verkoop, in jou kar spring en die land vol toer. Wel dit is presies wat Michael en Acasia gedoen het nadat hulle hul voertuig omskep het in n mobiele huis. Hulle vertel ons van…
12 Jan 2023 26 min

#DieGrootTrek - Dr Steve Harris (The Mind Doctor)

Soos wat ons 'n splinternuwe jaar ingaan is dit nodig dat ons doelwitte stel en die negatiewe van verlede jaar agterlos. Dr Steve Harris het al talle besighede en selfs die Springbokke gehelp om hulself reg te kry vir die groot uitdagings. Ons vind uit wat ons kan doen om…
9 Jan 2023 37 min

#DieGrootTrek - Men Of War (16 Days of activism)

Van bendelede tot manne wat die woord van die Here verkondig. Ons gaste vandag vertel ons van hulle jare van verslawing, geweld, misdaad en hoe hulle lewens omgedraai het en hulle vandag n positiewe bydrae maak in hulle gemeenskappe en reg oor die land.
6 Dec 2022 35 min

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem oor die "Bonding Hormone"

Die wetenskap het n hormoon identifiseer wat hulle die Bonding Hormone noem en Liezel van Intiem kom loer in om ons meer te vertel van presies wat dit is, hoe ons meer van dit kan produseer en praktiese wenke wat jy kan toepas in jou huwelik.
29 Nov 2022 29 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Blokman)

Pieter Steinberg is al n blokman vir 30 jaar en daar is niks wat jy hom kan vertel van vleis en die verwerking daarvan nie. Ons hoor waar kom sy passie vandaan en of daar enige geheime is wat hy met ons kan deel oor die perfekte snitte vleis en…
28 Nov 2022 33 min

#JouGrootKuier - Nadine

Die ongelooflike talentvolle Nadine kom kuier vandag by ons en voer ook Skildery vir die heel eerste keer op radio op. Sy kom stel ook haar nuwe enkelsnit "Liefde sonder 'n maar" vry net op die GrootTrek.
25 Nov 2022 30 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van n Trou Venue

Al ooit gedink dit sal lekker wees om ander mense se perfekte dag n realiteit te kan maak? Wel dis nie so maklik soos dit klink nie. Ons vind vandag meer uit oor wat dit is om n trou venue eienaar en trou beplanner te wees.
21 Nov 2022 26 min

#JouGrootKuier - Bouwer Bosch

Die man is bekend vir sy stem in Straatligkinders, ons sien hom op die kasie en hy maak nou en dan n paar grappe. Bouwer Bosch het kom kuier om te kom gesels oor sy nuwe liefde en ook sy nuwe enkelsnit.
18 Nov 2022 26 min

#DieGrootTrek - Raaf Kuier in die ateljee

Ons het hulle vir jare lank geken as The Bottomless Coffee Band, maar nou het Este en Lourens besluit dis tyd vir n splinternuwe nuwe naam en word nou RAAF genoem. Blykbaar het die nuwe naam ook bietjie meer kreatiewe vryheid gegee in die musiek wat hulle beplan om te…
17 Nov 2022 33 min

#DieGrootTrek - Wat gebeur huidiglik in Ukraine.

Ons journalis vriend Ruslan bly saam met sy familie in Ukraine. Vir meeste mense voel dit dalk al of die oorlog daar verby is omdat die media nie meer baie aandag daaraan gee nie maar die situasie op die grond is baie anders en Ruslan vertel vir ons presies wat…
15 Nov 2022 30 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Wildbewaarder (Madeleen)

Ons goeie vriendin Madeleen van Rietvlei Natuurreservaat het kom kuier vir 'n dag in die lewe van. Baie mense dink dis die perfekte werk, maar tog is daar goed wat agter die skerms gebeur wat nie altyd lekker is nie. Verseker n beroep waarvoor mens n passie moet hê en…
14 Nov 2022 28 min

#JouGrootKuier - Ampie

Die man lyk soos ons eie plaaslike Keanu Reeves deesdae en dis ook sy eersteling se naam. Met nuwe musiek wat nou uitkom en shows wat vol gebook is kuier Ampie bietjie op die GrootTrek om te gesels oor waarmee hy besig was die laaste paar maande en waarna ons…
11 Nov 2022 33 min

#DieGrootTrek - Nina maak Airfryer Mosbolletjies

Hou jy van bak en brou in die kombuis maar jy is gewoond dat alles lank vat en in die oond moet kom? Verby is die dae van sukkel en ons gesels met Louisa Holst oor haar nuwe kookboek "The South African Airfryer cookbook" en kyk hoe maklik dit is…
8 Nov 2022 31 min
300 – 320