Die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga ondersoek ‘n ongeluk wat gisteraand die lewe van drie mans geëis het. Volgens woordvoerder Moeti Mmusi was hulle om ongeveer 18:30 besig om ‘n band om te ruil van die minibus waarin hulle gery het tussen Karino en Kamagugu toe hulle van agter deur…
'n Boer is gisteraand grusaam op sy plaas by Sterkspruit buite Mbombela vermoor. Etienne du Toit het gaan waterpompe afsit en toe hy nie teruggekeer het huis toe nie, het sy seun in ‘n macadamia-boord op sy liggaam afgekom. Sy motorfiets, selfoon en kluissleutels sowel as ’n ysterstaaf is op…
Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen dat landelike veiligheidseenhede heringestel word en landelike gemeenskapspolisieëringseenhede op die been gebring word. Dit volg op nog ‘n plaasmoord in die provinsie die week. Jessie Henry Coleman (72) is Dinsdag vasgebind in ‘n plas bloed in sy huis op sy plaas naby…
Die polisie in Kabokweni ondersoek ‘n moord na die liggaam van die 27-jarige Lindelani Thabethe Dinsdagmiddag in ‘n vlak graf ontdek is. Hy is Sondag laas saam met ‘n vriend gesien tot die polisie inligting ontvang het van die graf in ‘n erf in Kabokweni. Volgens Kolonel Donald Mdhluli is…
Drie amptenare van die provinsiale departement van openbare werke het gister saam met drie maatskappy-direkteure in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery. Volgens die Valke het die adjunk-hoofdirekteur van die departement, Sipho Monareng, saam met die twee ander amptenare en die verskaffers gewerk om eise te…
Busse en taxis is vandag nie in die Laeveld beskikbaar nie, na geweldadige protesoptrede deur taxi's gister chaos op hoofroetes gesaai het. Hoewel die situasie onder beheer is, waarsku die gesamentlike operasionele bevel dat dit onvoorspelbaar bly. ‘n Vergadering om die kwessie te bespreek word vir vanimddag beplan tussen die…
‘n Moordverdagte wat in Augustus uit polisieaanhouding ontsnap het, is Vrydag tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis daarvoor. Karabo Chiloane (29) het uit die aanhoudingselle van die Belfast-landdroshof ontsnap voor sy verskyning vir 'n moord wat in 2020 in Machadodorp gepleeg is. Hy is ‘n paar dae later in Acornhoek heraangekeer…
Die N4 bly gesluit na 'n ongeluk vanoggend tussen die Sudwala- en Schagen-afdraaie toe twee vragmotors teen mekaar gebots het. Opruimingswerk is onderweg. Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med het beide bestuurders matige beserings opgedoen en is hulle hospitaal toe geneem vir behandeling.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga sê hy gaan nie ‘n klagte teen die minister van Finansies indien nie. Dit volg nadat ‘n saak van seksuele aanranding in Augustus teen minister Enoch Godongwana oopgemaak is. Die voorval het na bewering op 9 Augustus by ‘n hotel in Skukuza gebeur. ‘n…
Span Solar Flair het aan die pas afgelope Sasol Solar Challenge deelgeneem. Dié plaaslike span was die enigste private span wat oor agt dae sowat 2 500 km van Johannesburg na Kaapstad in hul self-geboude elektriese voertuig afgelê het. Internasionale spanne verbonde aan universiteite het met die louere weggestap, maar…
‘n Vrou en die twee moordenaars wat sy gehuur het om haar man te vermoor, is gister elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis in Delmas. Devilier Dan Zulu, ‘n taxi-eienaar, is in Julie 2011 in Embalenhle in sy oprit doodgeskiet. Volgens die Valke se Kaptein Dineo Sekgotodi het sy vrou, Thembisa…
Twee Mosambiekse burgers het gister in die Skukuza-hof verskyn op klagtes van die onwettige besit van renosterhoring, ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, en oortreding van die Wet op Immigrasie. Sergio Mathebula en July Sihlangu is Woensdag met twee renosterhorings in hul besit in die Krugerwildtuin vasgetrek. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala,…
Die polisie ondersoek die moord op ‘n vrou vanoggend in Kanyamazane. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 37-jarige Shirley Hassan is om ongeveer sewe-uur voor oorgetuies wat op pad was werk toe geskiet deur Phinda Matlaka met wie sy glo in 'n verhouding was. Hy het daarna by sy pa…
Die DA in Mpumalanga het die adjunkspeaker, Jeaneth Thabethe, gevra om die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, voor die dissiplinêre komitee te roep. Bosman Grobler sê hy het die wetgewer mislei met antwoorde wat hy verskaf het op vrae wat die party gestel het oor die…
Vandag is wêreldrenosterdag. Die jongste data toon dat Afrika tans tuis is vir sowat 22-duisend wit- en swartrenosters. Lara Rall van die W-W-F Suid-Afrika sê stroping bly hul grootste bedreiging met amper 3-duisend renosters wat tussen 2018 en 2021 gestroop is. Die goeie nuus is dat die swartrenoster-bevolking op die…
Die LUR vir gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het vanoggend 'n groot skenking by Tintswalo-hospitaal in Akornhoek in ontvangs geneem. Die AM Group het nagenoeg een-miljoen chirurgiese oorpakke aan die departement geskenk. Manzini sê dit is te wyte aan een van die maatskappy se direkteurs wat in die area grootgeword…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku oor die moontlikheid van ernstige donderstorms in Mpumalanga vanmiddag. ‘n Oranjge vlak 5-waarskuwing geld vanaf 3-uur vir die Hoëveld en platorand en ‘n geel vlak 2-waarskuwing oor die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo. Weervoorspeller, Wayne Venter, verduidelik:
Silulumanzi het inwoners van Witrivier, Nsikazi-Suid en Matsulu gevra om geduldig te bly terwyl hulle hul bes doen om watertenkwaens te verskaf aan die areas wat die ergste geraak word deur watertekorte. Die waterverskaffer sê die verlaging van fase 6 beurtkrag na 5 het geen noemenswaardige impak om hul vermoë…
'n Agtste verdagte is Saterdagmiddag aangekeer in verband met die moord in Maart op Sersant Enock Themba Nsimba in Kabokweni. Volgens kolonel Donald Mdhluli het die polisie op 25 Maart reageer op 'n gewapende roof by ‘n gastehuis toe die aanvaller op die polisie geskiet het by hul aankoms. Die…
'n Man in Vrydag deur die Nelspruit-streekshof skuldig bevind op sewe klagte van huisbraak en diefstal. Die 32-jarige Daniel Wagenaar het op 6 Maart ingebreek by die Valke-kantore in Mbombela. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi is hy met vingerafdrukke aan die toneel gekoppel. Hy moes op 9 Maart in die hof…
19 Sep 2022 6AM
1 min
960 – 980
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.