Polisieminister- en kommissaris besoek Mpumalanga na moord op toeris

Loading player...
Die polisieminister, generaal Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, besoek vandag Mpumalanga na ‘n Duitse toeris Maandag tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet is op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin. Hulle sal vanoggend die toneel besoek.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het ‘n beroep gedoen op die publiek om die polisie in hul ondersoek by te staan.
Hy sê aanvalle op toeriste maak die harde werk om toerisme te bevorder ongedaan.
5 Oct 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min