Mpumalanga-onderwysdepartement neem stappe om tienerswangerskappe aan te spreek

Loading player...
Die Departement van Onderwys in Mpumalanga sê dit is bekommerd oor meisies van skoolgaande ouderdom wat babas kry. Agt-duisend-830 leerlinge tussen 10 en 19 jaar oud het tussen April 2021 en Maart vanjaar geboorte gegee. Landwyd is die getal 90-duisend.
Woordvoerder, Gerald Sambo, sê ‘n werkswinkel is verlede week gehou om die kwessie aan te spreek.
Strategieë sluit in om leerlinge die vaardighede te leer om gesonde besluite te neem oor verhoudings en seks, sowel as om kwessies rondom geslag en mag aan te spreek in ‘n ouderdom-geskikte, kultureel-relevante en wetenskaplik-gegronde manier.
3 Oct 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min