100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,808 Episodes
1512 – 1532

MTPA stel jong wetenskaplikes aan om tekort aan te spreek

Vyf jong wetenskaplikes en drie vlieëniers wat met beurse van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap studeer het, is permanent aangestel. Die agentskap se uitvoerende hoof, Johannes Nobunga, sê die MTPA het tans ‘n tekort aan hul kundigheid. Hy hoop die aanstellings sal ook hul transformasie- en geslagsgelykheid-doelwitte help bereik. Een…
7 May 2021 6AM 1 min

Riverside het vars planne na 25 jaar

Die letter “R” is die spil waarom alles draai in die voorstelling van die nuwe handelsmerk van die Riverside sake-area in Mbombela. Die hernude entoesiasme volg na ‘n jaar van die Covid-19-pandemie waarin menigte ondernemings ‘n verlaging in handel ervaar het. Riverside het die afgelope 25 jaar op verskeie vlakke…
7 May 2021 5AM 1 min

Riverside leier op die gebied van ontwikkeling en stadsbeplanning

Sowat ses-honderd nuwe residensiële eenhede word in fase drie van die Riverside distriks verbeterings inisiatiewe beplan. Hoof uitvoerende direkteur van Riverside City Improvement District, James Aling, het gister by die bekendstelling van die nuwe Riverside handelsmerk gesê die fokus is op natuurlike areas met wandel- en fietsryroetes wat onder meer…
6 May 2021 7AM 1 min

Nog 'n getuie vertel van 'Beiroet'

Jennifer Semmens kan van haar stoep af sien waar die Hermansburg-pad en die R40 bymekaar kom. Sy skat sy was sowat 1km van die aanval af soos die kraai vlieg.
6 May 2021 6AM 2 min

Ooggetuie vertel van G4S-roof

Mia Louw en haar ma, Cisca van der Merwe, het vanoggend op die transito-roof op die R40 tussen Mbombela en Barberton afgekom. Sy vertel wat sy ervaar het.
6 May 2021 6AM 4 min

R40 steeds gesluit na transito-roof-poging

Die R40 sal na verwagting tot ongeveer twee-uur vanmiddag gesluit bly, na ‘n aanval op ‘n G4S-geldwa vanoggend tussen Mbombela en Barberton. Twee wagte is in die skietgeveg gewond en hospitaal toe geneem. Die aanvallers het hul voertuie op die toneel agtergelaat en twee voertuie gekaap om te vlug. Dié…
6 May 2021 5AM 1 min

Riool vloei in Graskop se varswaterbron in

Die twee pompe by Graskop se rioolsuiweringsaanleg werk glo reeds vir twee weke nie en besoedel nou die omliggende rivierstrome, vleilande en die Njaka-dam. Volgens Trudie Grovè-Morgan, die DA se woordvoerder vir samewerkende regering in Mpumalanga, is die vloei te swaar om met chemikalieë reggestel te kan word. Inwoners is…
5 May 2021 7AM 1 min

LUR soek geregtigheid na drawwer se verkragting

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het ‘n beroep gedoen op polisie om die man wat ‘n 33-jarige drawwer verlede week in Mbombela verkrag en in ‘n rivier gegooi het, aan te keer. Die vrou is verlede Woensdag oorrompel en verkrag. Sy het haar bewussyn betyds herwin om uit die…
5 May 2021 6AM 1 min

DA vra weer dat Mega ontbind word

Die DA het weer 'n beroep gedoen op die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme om die Mpumalanga-agentskap vir ekonomiese groei te ontbind. LPW Bosban Grobler sê die gekonsolideerde algemene verslag oor oudituitslae wat op 31 Maart vrygestel is, wys Mega is amper vier-honderd-persent in die rooi. Hy sê…
4 May 2021 8AM 1 min

Drie Nellies deur na Nasionale Toneelspel-finaal

Drie leerlinge van Hoërskool Nelspruit het na die finale rondte van die Nasionale Toneelspelkompetisie deurgedring. Sumari Naudé (graad 12), Megan Bester (graad 11) en Ronel Basson (graad 9) is onder die 82 finaliste wat gekies is om van Donderdag tot Saterdag daaraan deel te neem in Kaapstad. Bykans 500 deelnemers…
4 May 2021 7AM 1 min

Poskantoor hoopvol oor heropening van takke

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor hoop dat kwessies met persele wat hulle huur, binnekort opgelos sal wees. Woordvoerder, Johan Kruger, het bevestig dat Village-poskantoor in Mbombela tans ook gesluit is na die eienaar die huurkontrak beëindig het. Landwyd is verskeie poskantore al meer as 'n maand gesluit omdat hulle nie hul huur…
4 May 2021 6AM 1 min

Verdagte gesoek na drawwer verkrag word

‘n Verdagte word deur die polisie gesoek wat ‘n 33-jarige drawer verlede week rondom Mataffin verkrag is. Volgens brigadier Leonard Hlathi is die vrou Woensdag oorrompel en verkrag. Sy het haar bewussyn verloor. Die aanvaller het haar in ‘n rivier gegooi. Sy het bygekom en kon uitkom en hulp ontbied…
4 May 2021 4AM 1 min

Adjunkminister lig Makhonjwa se geologiese belang uit tydens besoek

Adjunkminister van toerisme, Fish Mahlalela, het tydens ‘n twee-dag besoek aan die area verlede week die Makhonjwa-bergreeks, besoek om plaaslike toerisme te bevorder om die bedryf te probeer red. Hy sê daar is nog nie finaliteit oor presies hoe om die Wêreld-erfenisgebied maksimaal aan te wend as toerisme-aantreklikheid nie. Die…
3 May 2021 6AM 1 min

Vermeende rower deur Valke vasgetrek

‘n 31-jarige man wat gekoppel word aan die mislukte roof van ‘n G4S-geldwa op 1 April, is Donderdag deur die Valke gearresteer. Die geldwa was ten tyde van die aanval tussen Dwarsloop en Thulamahashe vergesel deur die polisie. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi word die verdagte ook gekoppel aan ander sake,…
3 May 2021 2AM 1 min

Vrou in hof na sy haar man glo vermoor

‘n 39-jarige vrou sal na verwagting vandag in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn vir die moord op haar man. Volgens kolonel Donald Mdhluli het sy na bewering Saterdag in Goromani Trust, naby Hazyview, haar 42-jarige man dood gesteek. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die waarnemende polisiekommissaris, majoor-generaal Thulani…
3 May 2021 2AM 1 min

MTPA staking is verby

MTPA-bestuur en die provinsiale leiers van Nehawu sal na verwagting vandag die ooreenkoms onderteken waarvolgens werknemers se griewe aangespreek sal word. Die onwettige staking deur werknemers van die agentskap is gister, na twee weke, afgelas. Al die reservate wat toe was, is heropen vir besoekers. MTPA-woordvoerder, Kholofelo Nkambule, sê ‘n…
21 Apr 2021 6AM 1 min

Drie verdagtes ontsnap uit polisieaanhouding

Drie mans het Maandag uit polisieaanhouding ontsnap by die Volksrust-landdroshof. Hulle sou verskyn op klagte van sakeroof en besit van ‘n gesteelde voertuig. Vier mans het aanvanklik ontsnap, maar een is herarresteer. ‘n Polisiebeampte is in die proses met sy eie dienspistool geskiet. Hy is tans in die hospitaal saam…
21 Apr 2021 3AM 1 min

Driejarige dood in huisbrand in Belfast

‘n Driejarige dogtertjie is Maandagaand dood toe haar hut, in Siyathuthuka naby Belfast, afgebrand het. Volgens kolonel Donald Mdhluli was die ma was uitstedig. Met haar terugkeer was die hut in vlamme. Twee ouer kinders kon ontsnap. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en kinderverwaarlosing teen die ma…
21 Apr 2021 2AM 1 min

NHS se Phillip Vogel Suid-Afrika se tienkamp-kampioen

NHS se veelsydige graad-elf-leerling, Philip Vogel, het die naweek in Pretoria kenmerkende Nellie “guts” gewys deur in agt van die tien items in sy tienkamp, koning te kraai. Sodoende het hy sy grootste uitdager, Marko Foord van Sentraal-Gauteng, die loef afgesteek. Philip se totale punte (volgens Atletiek Suid-Afrika se punte-tabel)…
20 Apr 2021 11AM 2 min
1512 – 1532