Verdagte gesoek na drawwer verkrag word

Loading player...
‘n Verdagte word deur die polisie gesoek wat ‘n 33-jarige drawer verlede week rondom Mataffin verkrag is.
Volgens brigadier Leonard Hlathi is die vrou Woensdag oorrompel en verkrag.
Sy het haar bewussyn verloor. Die aanvaller het haar in ‘n rivier gegooi. Sy het bygekom en kon uitkom en hulp ontbied.
Haar horlosie is gesteel. Die polisie ondersoek ‘n saak van roof en verkragting.
Enigiemand met inligting is gevra om 079-256-4208 te kontak.
4 May 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min