100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,808 Episodes
1172 – 1192

Pumas vang gees voor katgeveg in Mbombela

Die Pumas speel Saterdag by Mbombela-stadion gasheer vir die Cheetahs in hul Curriebeker-kragmeting. As jy nog nie jou pienk ondersteunerstrui het nie, maak Vrydagmiddag ‘n draai by die piazza voor Doppio Zero by i'langa Mall. Nie net hou die spelers vanaf 3-uur af ‘n ontmoet-en-groet met die publiek nie, daar…
17 Feb 2022 7AM 1 min

Medelye vir agt gestorwe leerlinge

Agt laerskoolleerlinge is gistermiddag dood toe die minibus-taxi waarin hulle na skool op pad was huis toe, tussen Mayflower en Dundonald omgeslaan het. Sewe kinders is op die toneel dood en die agtste een in die hospitaal. Tien leerders het ligte tot ernstige beserings opgedoen en word in die Embuleni-hospitaal…
17 Feb 2022 3AM 1 min

Gesoekte verdagte in polsieaanhouding

‘n Man wat beskryf is as een van die mees gesoekte kriminele in Mpumalanga sal vandag in die hof verskyn in Bosbokrand en Dinsdag in Mkhuhlu. Die 21-jarige is Vrydag aangekeer en word verbind met verskeie misdade. Dit sluit in 14 moorde, verkragting en ontvoering, aanranding met die doel om…
14 Feb 2022 2AM 1 min

Barberton DBV sluit na 36 jaar sy deure

Die Barberton DBV sal na 36 jaar aan die einde van hierdie maand hul deure sluit. Hulle sê in ‘n verklaring hulle ly reeds ‘n maandelikse verlies en moet van perseel verander, maar het bloot nie die finansies om die verlangde omheining, dienste en hokke by ‘n nuwe perseel op…
11 Feb 2022 2AM 1 min

Vonnis vir reeksmoordenaar verwelkom

Die sogenaamde “Masoyi-monster” is vandag tot 150 jaar agter tralies gevonnis vir die moorde op vyf vroue wat hy in 2018 en 2019 gepleeg het. Die 24-jarige Julius Mndawe is tot lewenslank gevonnis vir elke moord, sowel as vyf jaar vir elke geval van regsverydeling. Hy het sy slagoffers verkrag…
10 Feb 2022 7AM 1 min

Vermeende rowers in Masoyi vasgetrek

Twee mans is gister gearresteer nadat hulle na bewering onderwysers by twee laerskole in Masoyi beroof het. Volgens polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala het twee mans hulself Maandag as ouers voorgedoen om tot Mdumseni Primary toegang te verkry. Hulle het toe die onderwysers in die personeelkamer aangehou en van selfone, skootrekenaars…
10 Feb 2022 3AM 1 min

Drie vasgetrek binne ure van Mpumalanga-aanval

Drie verdagtes is binne ure aangekeer na hulle ‘n man gister in Ermelo gemartel en beroof het. Volgens die polisie is dié sukses te danke aan samewerkign tussen Acsu Sekuriteit en die polisie is Mpumalanga en Gauteng. Die 47-jarige slagoffer was op pad om ‘n kind skool toe te neem…
9 Feb 2022 5AM 1 min

Mbombela polisie-eenheid sonder vervoer gelaat

Die werksaamhede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Mbombela word ernstig gekniehalter deur ʼn tekort aan voertuie. Volgens die VF Plus se Werner Weber, het dié eenheid sedert die begin van die jaar slegs twee voertuie om vyf dorpe te bedien. Verlede week was daar weens…
9 Feb 2022 3AM 1 min

RFL is terug in 'n nuwe gedaante

Die Nelspruit Relay for Life is vanjaar terug en met ‘n nuwe baadjie aan. Na 15 jaar van deurnag stap, en twee jaar wat dit glad nie aangebied kon word nie, is die seremonie vanjaar heelwat korter. Riaan Loubser sê dit is deels te wyte aan Covid-19-regulasies. Dit vind op…
8 Feb 2022 6AM 1 min

Vier vas wat restaurant in I'langa Mall beroof

Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in I’langa Mall beroof het. Volgens die polisie tel ‘n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes. Die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak…
7 Feb 2022 5AM 1 min

Ons Winkel eersdaags in Barberton

Solidariteit Helpende Hand maak Vrydag Ons Winkel oop in Barberton. Rika Buck sê hulle is opgewonde om die baken, Greenstone Trading Post, as adres te kan hê. In die Laeveld is daar reeds Ons Winkels in Nelspruit en Witrivier, waar mense items kan skenk wat hulle nie meer ‘n nut…
7 Feb 2022 4AM 1 min

Makadamia Ekspo oortref verwagtinge

Die AmberMacs Makadamia Ekspo Vrydag en Saterdag net buite Witrivier het die organiseerders, bywonende boere en leweransiers se verwagtinge oortref. Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die ekspo gereël het, sê dit was spesifiek op die makadamiabedryf gemik en het verskaffers ingesluit, asook kenners op die gebiede van alles van kunsmis…
7 Feb 2022 4AM 1 min

Omstander doodgeskiet deur vermeende transito-rowers

‘n Omstander is gister doodgeskiet deur vermeende rowers tydens ‘n skietgeveg met die polisie in Elukwatini. Volgens die polisie het 'n groep verdagtes ‘n kontantwa by ‘n kitsbank om ongeveer 08:00 aangeval en met plofstof oopgeblaas. Hulle het met kontant gevlug en ‘n omstander doodgeskiet terwyl die polisie hulle gejaag…
4 Feb 2022 5AM 1 min

Dertien kettingsae in Sabie geroof

Die polisie is opsoek na drie verdagtes wat Dinsdagaand tydens ‘n huisroof in Sabie 13 kettingsae gebuit het. Volgens brigadier Selvy Mohlala het die gewapende mans die inwoners wakker gemaak toe hulle ‘n deur oopbreek. Hulle het die kettingsae en karsleutels geëis en daarmee in hul slagoffer se Toyota Belta…
3 Feb 2022 4AM 1 min

Borskankertoetse gerieflik in die Laeveld

Vroue in die Laeveld kan tot einde Maart geriefliker mammogramme ondergaan. Keystone Medical se mobiele eenheid is tot 9 Februarie in Komatipoort, dan tot 18 Februarie in Malalane, tot 28 Februarie in Mbombela en weer tot 11 Maart in Hazyview. Radioloog, dr. Nikoli van Zyl, sê dit is noodsaaklik dat…
2 Feb 2022 7AM 1 min

Groot makadamia-ekspo die naweek

Meer as 180 verskaffers is op pad om die naweek hul kundigheid te deel by die Makadamia-ekspo in Witrivier. Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die twee-dag ekspo reël, sê dit is hoogtyd dat makadamia-boere in die Laeveld so ‘n geleentheid kry. Die fees vind Vrydag en Saterdag plaas by AmberMacs…
2 Feb 2022 5AM 1 min

Nominasies vir #GoeieGons open

Sanett Oosthuizen, wat verlede jaar bekroon is met Solidariteit #GoeieGons se toekenning as beste Radiopersoonlikheid, is vanjaar een van die beoordelaars. Nominasies het pas geopen. Agt wenners sal in die vyf kategorieë aangewys word. Ken jy ‘n briljante ontwerper, kunstenaar, fotograaf, videoregisseur- of vervaardiger, skrywer of joernalis? Nomineer hulle en…
2 Feb 2022 5AM 1 min

Man kry lewenslank vir moord in Dullstroom

'n Man wat in 2019 verskeie misdade in Dullstroom gepleeg het, is gister effektief tot lewenslange tronkstraf gevonnis deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg. Die 32-jarige Moses Maseko het op 19 Februarie 2019, ‘n vrou doodgesteek in haar hut in Dullstroom. Op pad polisiestasie toe vir ondervraging, het hy die…
2 Feb 2022 4AM 1 min

Nelspruit dokter verteenwoordig SA by Afrika-toekennings

Die Nelspruit-dokter Eurika Mogane-Jones is gekies as ‘n finalis in die 2022 “Forty under 40” Afrika-toekennings. Dié reeds bekroonde entrepreneur van Tharika M. Health sal Suid-Afrika in die gesondheids-kategorie verteenwoordig. Sy is reeds met ‘n Golden Key-eerbewys beloon vir haar werk, in 2020, om inligting oor Covid-19 wyd te vertaal…
1 Feb 2022 6AM 1 min

Man skiet glo meisie dood en vlug

Die polisie ondersoek 'n moord en poging tot moord na 'n man sy meisie Saterdagaand buite 'n kuierplek in Standerton doodgeskiet het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het hulle stry gekry voor hy haar geskiet het. Haar broer het probeer om tussenbeide te tree en is ook in sy onderlyf geskiet…
1 Feb 2022 5AM 1 min
1172 – 1192