Ons Winkel eersdaags in Barberton

Loading player...
Solidariteit Helpende Hand maak Vrydag Ons Winkel oop in Barberton.
Rika Buck sê hulle is opgewonde om die baken, Greenstone Trading Post, as adres te kan hê.
In die Laeveld is daar reeds Ons Winkels in Nelspruit en Witrivier, waar mense items kan skenk wat hulle nie meer ‘n nut voor het nie, en wat iemand anders dan kan koop.
Buck sê absoluut enigiets is welkom - veral klerehangers, linne, gordyne en mansklere.
Opbrengs van die winkel word aangewend vir die studiefonds, sowel as kleiner projekte soos die Kosblikkie- en skooltassie-projek, die vrouefonds, Help Hetta en droomrokke.
7 Feb 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min