Drie vasgetrek binne ure van Mpumalanga-aanval

Loading player...
Drie verdagtes is binne ure aangekeer na hulle ‘n man gister in Ermelo gemartel en beroof het.
Volgens die polisie is dié sukses te danke aan samewerkign tussen Acsu Sekuriteit en die polisie is Mpumalanga en Gauteng.
Die 47-jarige slagoffer was op pad om ‘n kind skool toe te neem toe hulle oorval word deur die gewapende mans.
Hy is met ‘n warm strykyster gebrand voor die aanvallers met kontant, juweliersware, ‘n skootrekenaar en selfone gevlug het.
Springs polisie het die verdagtes binne ure by Etwatwa in Gauteng aangekeer.
Drie vuurwapens is gekonfiskeer, waarvan twee aan die polisie behoort.
9 Feb 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min