100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,808 Episodes
980 – 1000

Nuweling-kragopteller laat die rekords spat

Ané Janse van Rensburg het maar net verlede jaar aan kragoptel-kompetisies begin deelneem, en spog reeds met vyf nasionale rekords agter haar naam - waarvan sy op 6 Augstus vier opgestel het. "Dit het my nogal verbaas, want ek het nie so goed voorberei as wat ek gehoop het nie,"…
16 Sep 2022 9AM 1 min

Krieketlegende help dowe seun, plant saadjie vir loopbaan

Arthur McGee, 'n oud-leering van Laerskool Bergland en Hoërskool Nelspruit, is aangewys as Krieket Suid-Afrika se Dowe Krieketspeler van die Jaar 2022. Hy is die jongste speler in die Titans Dowekrieketspan en is ingesluit in die SA Dowekrieketspan wat vanaf 1 Oktober in Dubai aan die DICC T20-kampioenetrofee deelneem. Sy…
16 Sep 2022 5AM 1 min

Borgtog toegestaan aan drie vermeende bedrieërs

Drie amptenare wat gister deur die Valke aangekeer is vir vermeende bedrog, diefstal en geldwassery van 60-miljoen-Rand is elk borgtog van 15-duisend-Rand toegestaan. Thababang Clifford Khumalo, Nonhlanhla Precious Matsheka en Nkosinathi Mahlalela het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Hulle is werksaam by onderskeidelik Mbombela-munisipaliteit en die verkeersdepartemente in Nelspruit en…
15 Sep 2022 9AM 1 min

Innibos hou Buitelug Familiefees

Innibos het vanjaar sy resep aangepas en hou op Vrydag 30 September en Saterdag 1 Oktober ‘n buitelug familiefees propvol vermaak vir die hele gesin by Kwanyoni Lodge. Buiten die musiekaanbieding is die program propvol dinge om te doen. Sandra Jacobs vertel waarna feesgangers alles uit kan sien. Besoek die…
15 Sep 2022 6AM 1 min

Care Buddies benodig meer hande

Die Care Buddies sien al vir 20 jaar om na bejaarde mense in die Laeveld deur hulle geselskap te hou en vriendskap te bied. Hulle het takke oraloor., maar benodig meer mense wat bereid is om hul tyd af te staan. Yvonne McHeath sê dit verg so min as een…
15 Sep 2022 6AM 1 min

Brand breek uit by munisipale kantore in Bosbokrand

Die polisie in Mpumalanga ondersoek 'n brand wat vroeg gisteroggend by die munisipale geboue in Bosbokrand ontstaan het. Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê verskeie kantore is beskadig voor die brandweer die vuur kon blus. Hy sê bierbottels met watte in is op die toneel gekonfiskeer.
15 Sep 2022 5AM 1 min

Drie van Mbombela vas vir R60 m. beweerde bedrog

Drie munisipale werknemers is vanoggend deur die Valke aangekeer by onderskeidelik Mbombela-munisipaliteit en die verkeersdepartemente in Nelspruit en Witrivier. Volgens die woordvoerder vir die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, was dit ‘n gesamentlike operasie tussen die Valke en die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) van Gauteng. Die drie sal na verwagting môre…
14 Sep 2022 7AM 1 min

Polisie maak deurbraak met vermeende kapingsindikaat

Die polisie het 'n deurbraak gemaak deur gister vyf mans aan te keer wat na vermoede verbind word met 'n kapingssindikaat. Volgens polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala is almal tussen 16 en 48 jaar oud. Hulle het gister laatmiddag en vroegoggend toegeslaan op 'n perseel in Kwamhlanga na 'n opsoringsmaatskappy 'n…
13 Sep 2022 7AM 1 min

Die DA in Mpumalanga vra die Ouditeur-generaal om die premier te ondersoek

Die DA het die Ouditeur-generaal om die kantoor van die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, te ondersoek met betrekking tot die Jeugontwikkelingsfonds. Bosman Grobler sê die derde kwartaalverslag van 2021/22 toon dat haar kantoor 0% spandeer het van die fondse teen Desember verlede jaar. 43-miljoen-Rand daarvan is aan die Mpumalanga ekonomiese groei-agentskap…
12 Sep 2022 7AM 1 min

Plan met geraasbesoedeling in Nelspruit gemaak

‘n WhatsApp-lyn waar mense kan aanmeld presies waar hulle geraas ervaar sal eersdaags bekendgestel word deur die Kruger-Laeveld-sakekamer in 'n poging om die oorsprong presies te kan bepaal. Linda Grimbeek van die KLCBT sê kuierplekke is al beboet en die hernuwing van die dranklisensies van gewoonte-oortreders sal opponeer, word, sowel…
9 Sep 2022 5AM 1 min

Renosterbevolking in Krugerwildtuin nou minder as 2 500

Die getal renosters in die Krugerwildtuin staan tans op 2-duisend-458, ‘n afname vanaf die 2-duisend-809 wat aan die einde van 2020 nog in die park aanwesig was. Die jongste syfers is gister op ‘n parlementêre vraag van die DA deur die departement van Bosbou, Visserye, en Omgewingsake onthul. Die DA…
7 Sep 2022 6AM 1 min

Verdagte onder polisiebewaking na vriendin en haar ouma dood gevind is

‘n 32-jarige man is onder polisiebewaking in die hospitaal, na sy 17-jarige vriendin en haar ouma gister in Emadamini, naby Ermelo, dood gevind is in hul huis. Beide het kopbeserings en verskeie kneusplekke gehad en was bedek met komberse. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het gemeenskapslede die kleindogter se vriend…
6 Sep 2022 9AM 1 min

Twee mans dood na bure glo try kry

Twee buurmanne in Boschfontein buite Schoemansdal is in die vroeë oggendure in die hospitaal dood, nadat hulle glo in ‘n geweldadige bakleiery met mekaar betrokke was. Volgens die polisie het die een man kneusplekke aan sy gesig sowel as ‘n gebreekte kakebeen en hand gehad, en die ander een was…
5 Sep 2022 8AM 1 min

Vyf verdagtes vasgetrek na sakeroof

Vyf verdagtes is gistermiddag aangekeer kort nadat hulle 'n Pick 'n Pay in Piet Retief beroof het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het hulle werknemers met vet vuurwapens gedreig en met kontant en ander items in 'n Jetta gevlug. Die voertuig is kort daarna op die N12 naby Piet Retief opgespoor…
2 Sep 2022 6AM 1 min

Plesierengel: Nie wat jy verwag nie

Die Innibos-teaterweek het afgeskop. Die komedie “Hans steek die Rubicon oor” maak sy debuut by die fees. “Plesierengel” is uit die pen van Leon Nierop. Akteur Ruan Wessels vertel wat die gehoor van dié eenmanstuk kan verwag.
2 Sep 2022 5AM 1 min

DA verwelkom aarestasie van Theron Shongwe

Die DA in Mpumalanga het die arrestasie verwelkom van Theron Shongwe. Die voormalige stadsbestuurder van Msukalikwa-munisipaliteit het Maandag saam met twee medepligtiges in die Ermelo-hof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die wet op openbare finansiële bestuur. Shongwe is in Julie aangestel as die finansiële hoof in…
1 Sep 2022 9AM 1 min

Nkomazi-reeksverkragter sit lank

‘n Reeksverkragter is vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela drie lewenslange vonnise opgelê. Thokozani Mazibuko het by drie geleenthede in 2013 by huise in Nkomazi ingebreek en twee tieners en ‘n jong vrou verkrag. Die vierde slagoffer is in Januarie 2017 op straat aangeval. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala sê…
1 Sep 2022 8AM 1 min

Nuwe radios vir Witrivier buurtwag

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het die afgelope week vyf nuwe tweerigtingradio’s in gebruik geneem wat die loods van veiligheidsoperasies in die dorp sal vergemaklik. Arlo van Heerden, distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê swak sein en ontoeganklike terrein maak dit vir buurtwaglede moeilik om tydens patrollering met ander buurtwaglede te kommunikeer…
31 Aug 2022 8AM 1 min

Wenk lei tot arrestasie van vier met onwettige wapens

Vier verdagtes is gister op die R40 in Dwarsloop buite Bosbokrand aangekeer nadat die polisie op 'n wenk reageer het dat hulle onwettige vuurwapens in hul besit het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala is twee handwapens sonder reeksnommers sowel as 33 rondes ammunisie in hul besit gevind. Polisiekommissaris luit. gen. Semakaleng…
31 Aug 2022 5AM 1 min

DA vra Groen Skerpioene om rioolwerke te ondersoek

Die DA het die Groen Skerpioene gevra om ondersoek in te stel na waterkwaliteit na die jongste groendruppel verslae bekend gemaak is. Volgens Trudie Grovè-Morgan toon dit dat geen plaaslike owerheid in Mpumalanga riool na wense beheer nie.
30 Aug 2022 8AM 1 min
980 – 1000