Borgtog toegestaan aan drie vermeende bedrieërs

Loading player...
Drie amptenare wat gister deur die Valke aangekeer is vir vermeende bedrog, diefstal en geldwassery van 60-miljoen-Rand is elk borgtog van 15-duisend-Rand toegestaan. Thababang Clifford Khumalo, Nonhlanhla Precious Matsheka en Nkosinathi Mahlalela het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Hulle is werksaam by onderskeidelik Mbombela-munisipaliteit en die verkeersdepartemente in Nelspruit en Witrivier. Die saak is uitgestel tot 29 September wanneer hulle saam met ses ander beskuldigdes sal verskyn wat in Julie reeds in verband met die saak aangekeer is.
15 Sep 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min