Nuwe radios vir Witrivier buurtwag
Loading player...
Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het die afgelope week vyf nuwe tweerigtingradio’s in gebruik geneem wat die loods van veiligheidsoperasies in die dorp sal vergemaklik.
Arlo van Heerden, distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê swak sein en ontoeganklike terrein maak dit vir buurtwaglede moeilik om tydens patrollering met ander buurtwaglede te kommunikeer.
Hy voeg by dat hierdie tweerigtingradio’s ’n direkte en positiewe invloed op die veiligheid van die Witrivier-gemeenskap sal hê.