100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,808 Episodes
740 – 760

SANParke stel eerste vrou aan as hoof uitvoerende beampte

SANParke het die aanstelling van die eerste vrou as die organisasie se hoof uitvoerende beampte aangekondig. Hapiloe Sello het in 2015 by SANParke aangesluit as bestuurshoof van toerisme-ontwikkeling en bemarking waar sy kommersialisering-strategieë geïmplementeer het. Sy het tussen Junie en November 2022 as hoof uitvoerende beampte waargeneem. Volgens Pam Yako,…
31 Mar 2023 6AM 1 min

Inskrywings vir Elands sluit Maandag

Inskrywings vir die TRACN4 Elands-marathon sluit Maandag. Vanjaar bied hulle ook ‘n voorwedloop ekspo aan, ‘n eerste vir ‘n padwedloop in die provinsie. Die Elands-marathon word beskou as die skilderagtigste en vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades en vind op 22 April plaas. Die voorwedloop ekspo is op 21 April…
31 Mar 2023 3AM 1 min

Polisie vra kalmte ná dodelike taxi-geweld in Oakley

‘n Taxibestuurder is dood en drie mense gewond in taxi-geweld in Oakley naby Bosbokrand. Volgens die polisie het 'n geskil tussen lede van taxi-verenigings tot die beweerde kruisvuur gelei. Die 41-jarige July Shabangu is geskiet en het in die Matikwana-hospitaal aan sy wonde beswyk. Twee ander taxi-bestuurders en 'n burgerlike…
30 Mar 2023 4AM 1 min

Ongeluk eis vier op die N4

Vier mense, waaronder ‘n kind van ongeveer twee jaar oud, is gisteraand dood in ‘n botsing op die N4 naby Witbank. Volgens die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het dit om ongeveer 7-uur plaasgevind toe die bestuurder van ‘n sedan beheer verloor het en in aankomende verkeer…
30 Mar 2023 3AM 1 min

DA betuig ook medelye na moord op hoofman

Die DA in Mpumalanga het sy medelye betuig aan die Mnisi-stam in Bosbokrand na die sluipmoord op die hoofman, Clyde Mnisi, Sondagaand. Partylid Trudie Grovè-Morgan sê hy was bekend daarvoor dat hy sy lewe aan die diens van sy mense gewy het. Sy sê hulle hoop sy moordenaars word spoedig…
29 Mar 2023 8AM 1 min

MRK gevra om leerling- en onderrigmateriaal in Mpumalanga te ondersoek

Die DA het aan die Menseregtekommissie geskryf om die impak te ondersoek van die groot afname in die Mpumalanga Onderwysdepartement se begroting vir leerling- en onderrigmateriaal. Volgens Jane Sithole is daar in 2023 68-miljoen-Rand minder spandeer. Sy sê hulle is aan die begin van die akademiese jaar oorval deur klagtes…
29 Mar 2023 8AM 1 min

DA beskommerd oor verval by ontspanningspark in Nkomazi

Die DA in Nkomazi is besorg oor die agteruitgang van die Masibekela-ontspanningspark. Raadslid, Nhlonipho Dlamini, sê hulle het tydens ‘n oorsigbesoek gevind die swembaddens en storte word nie instand gehou nie, met deure en pype wat verniel is. Die munisipaliteit het die fasiliteit in 2017 in ontvangs geneem. Hy beskuldig…
29 Mar 2023 7AM 1 min

ActionSA beweer bouwerk aan die nuwe Middelburg-hospitaal is weens korrupsie gestaak

ActionSA in Mpumalanga beweer dat die bou van ‘n nuwe hospitaal in Middelburg weens korrupsie gestaak is. Volgens die provinsiale voorsitter, Thoko Mashiane, is daar reeds meer as 1,2-miljard-Rand spandeer aan die 250-bed hospitaal wat vroeg in 2020 voltooi moes wees. Volgens ActionSA is dit tans 58-persent klaar gebou. Mashiane…
29 Mar 2023 6AM 1 min

Saak van moord geopen na liggame van twee jongmense in Kabokweni ontdek is

Die polisie ondersoek 'n saak van moord sowel as verkragting na die liggame van twee jongmense in Kabokweni ontdek is in 'n verlate gebou Maandagaand. Die 16-jarige Sinenhlahla Nkosi is na vermoede vermoor. Die polisie het ook met 'n geregtelike doodsondersoek begin na die liggaam van die 25-jarige Dumiso Mhlongo…
29 Mar 2023 2AM 1 min

Hawelose man geskiet na onderonsie weens pizza

‘n Hawelose man is dood toe hy Saterdagaand in Witrivier geskiet is. Volgens die polisie het hy vir ‘n verbyganger in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan vir ‘n pizza gevra en toe die man weier het hy hom met ‘n ketting aangerand. Die verdagte het hom toe geskiet en in die bors…
27 Mar 2023 10AM 1 min

Hoofman van Mnisi Tribal Council buite Witrivier doodgeskiet

Die hoofman van die Mnisi Tribal Council, Clyde Mnisi, is gisteraand naby die Kruger Mpumalanga Internasionale lughawe doodgeskiet. Volgens die polisie het hy en sy bestuurder in 'n Toyota Avanza toe hulle 'n pap band kry. Terwyl hulle vir hulp gewag het, het vyf swaar gewapende mans met balaklavas in…
27 Mar 2023 7AM 1 min

Kaartjieverkope vir Innibos open vandag

Ná twee jaar se feesdroogte is dit vanjaar weer voluit Innibos Kunstefees, en feesterreinkaartjies kan reeds vanaf vandag by Computicket gekoop word. Innibos vind vanjaar van Donderdag, 29 Junie, tot Saterdag, 3 Julie, plaas met die Loof Hom Innibos-konsert oudergewoonte die Sondag. Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, sê…
27 Mar 2023 5AM 1 min

Pumas bly onoorwonne in Curriebeker

Die Pumas bly onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na 'n 28-13-oorwinning oor Griekwas by Mbombela-stadion Vrydagaand. Hulle het drie drieë gedruk teenoor een deur Griekwas. In 'n kragmeting wat herinner het aan verlede jaar se Curriebeker-eindstryd, waar die Pumas die gesogte trofee verower het, het hulle weer voor gebly in…
27 Mar 2023 1AM 1 min

Curriebeker: Griekwas sê hulle moet werk aan hul skrums

Die Pumas bly onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na 'n 28-13-oorwinning oor Griekwas by Mbombela-stadion Vrydagaand. Hulle het drie drieë gedruk teenoor een deur Griekwas. In 'n kragmeting wat herinner het aan verlede jaar se Curriebeker-eindstryd, waar die Pumas die gesogte trofee verower het, het hulle weer voor gebly in…
27 Mar 2023 1AM 1 min

Man in Witrivier doodgeskiet

‘n Verdagte is gearresteer na hy Saterdagaand glo ‘n man voor ‘n seekosrestaurant in Witrivier doodgeskiet het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med wat op die noodoproep reageer het, het die twee mans ‘n hewige argument voor die eetplek in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan gehad. Een het ‘n vuurwapen…
27 Mar 2023 12AM 1 min

Pumas vanaand gashere vir Griekwas

Die Airlink Pumas speel vanaand tuis teen die Griekwas in die Curriebeker, hul eerste kragmeting in die kompetisie sedert die pienktruie die Poubloues in verlede jaar se eindstryd geklop het. Die tuisspan is vanjaar sover onoorwonne en het verlede week tuis met 34-27 met die Leeus afgereken. Die Griekwas behoort…
24 Mar 2023 4AM 1 min

DA besorg oor vermeende aanval op polisiestasie

Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die aanval Maandag op die polisiestasie in Witbank. Drie-en-twintig verdagtes is gearresteer vir openbare geweld na hulle na bewering die stasie met klippe bestook het. Hulle sou geëis het dat ‘n taxi-bestuurder wat in polisie-aanhouding is vir moord en poging tot…
23 Mar 2023 8AM 1 min

Borgtog vir drie wat Eskom glo bedrieg

# 'n Voormalige Eskom-werknemer en 'n ma en seun is in die Hendrina-landdroshof op borgtog vrygelaat nadat hulle Eskom glo uit byna R15 miljoen bedrieg het. Rabela Sara Jones en Godfrey Jason Jones het gister saam met Thandeka Nkosi verskyn op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery. Nkosi en Godfrey…
23 Mar 2023 2AM 1 min
740 – 760