ActionSA beweer bouwerk aan die nuwe Middelburg-hospitaal is weens korrupsie gestaak

Loading player...
ActionSA in Mpumalanga beweer dat die bou van ‘n nuwe hospitaal in Middelburg weens korrupsie gestaak is. Volgens die provinsiale voorsitter, Thoko Mashiane, is daar reeds meer as 1,2-miljard-Rand spandeer aan die 250-bed hospitaal wat vroeg in 2020 voltooi moes wees. Volgens ActionSA is dit tans 58-persent klaar gebou. Mashiane voer aan dat bouwerk gestaak is toe die projekbestuurders onttrek het na die Ouditeur-Generaal bevindings teen hulle gemaak het.
29 Mar 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min