SANParke stel eerste vrou aan as hoof uitvoerende beampte

Loading player...
SANParke het die aanstelling van die eerste vrou as die organisasie se hoof uitvoerende beampte aangekondig. Hapiloe Sello het in 2015 by SANParke aangesluit as bestuurshoof van toerisme-ontwikkeling en bemarking waar sy kommersialisering-strategieë geïmplementeer het. Sy het tussen Junie en November 2022 as hoof uitvoerende beampte waargeneem. Volgens Pam Yako, voorsitter van die SANParke raad, is dit ‘n betekenisvolle stap in die rigting van transformasie en die bemagtiging van vroue in die bewaringsektor. SANParke woordvoerder, Rey Thakhuli:
31 Mar 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min